Polisieman doodgeskiet wat verdagtes agternasit

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte is Maandagaand doodgeskiet toe hy en ʼn kollega ʼn groep verdagtes agternagesit het.

Die twee beamptes van die Steenberg-misdaadvoorkomingseenheid het omstreeks 23:15 vyf verdagtes in Lavender Hill genader waarna die verdagtes op die vlug geslaan het, het lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die beamptes het die verdagtes agternagesit en tydens die jaagtog het die verdagtes op die polisievoertuig losgebrand. Die beampte wat bestuur het, is gewond. Hy is na ʼn hospitaal gehaas waar hy met sy aankoms dood verklaar is.”

Volgens Traut is die oorledene ʼn 34-jarige sersant. Sy kollega, ʼn konstabel, is nie tydens die voorval beseer nie.

Die Wes-Kaapse polisiebestuur het sy medelye met die oorledene se familie en kollegas betuig. Daar is ook die versekering gegee dat die polisie geen steen onaangeroer sal laat in die soektog na die skuldiges nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Stop Misdaad by 0860 010 111 te nader.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Myra Swart ·

Wanneer gaan ons liewe regering hierdie misdaad stop?
Liewe hemel, hoeveel mense moet nog sterf voordat hulle iets doen!
Miskien as een van hulle naasbestandele vermoor word sal hulle wakker word.

schaun ·

Die klomp wat veronderstel is om die misdaad te bekamp word nou geteiken want die kriminele blyk beter te wees in wat hulle doen as die wetstoepassers.

JM ·

Dit is snaaks wanneer ‘n polisie beamptes of ‘n LP dood geskiet word, word daar gesê geen steen sal onaangeroer laat nie om die skuldiges op te spoor maar as ‘n boer vermoor word, word daar niks gesê nie.

Gerhardb ·

Ek wens niemand so iets toe nie, maar praat en smeek help nie. Miskien moet so iets gebeur met die ministers se direkte familie naby aan hulle, miskien doen hulle dan iets as dit nader aan die huis slaan…..

Michael P ·

Myra hulle sal niks daar aan doen nie want dit is hulle beleid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.