Polisieman, drie ander dood in motor gevind

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Vier mans, onder wie ʼn polisiekonstabel, is dood in ʼn motor in die Ladysmith-omgewing, KwaZulu-Natal, aangetref.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggame van die vier mans is Vrydagaand omstreeks 19:50 in ʼn silwer VW Polo in Ezakheni gevind. Die mans is almal geskiet.

Volgens Zwane is die oorledenes geïdentifiseer as konst. Mboniseni Zungu (33), Thanda (31) en Nkosiyakhe Mabaso (33). Die ander oorledene is nog nie geïdentifiseer nie. Zwane het gesê die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.

Die saak word deur die polisie se georganiseerdemisdaad-eenheid in Pietermaritzburg ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shannon ·

“die motief vir die moorde is nog nie bekend nie”

Tsja ! Maar ons kan raai wat dit was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.