Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het gesê Gordonsbaai-polisiebeamptes het hulle na die perseel gehaas nadat die alarm geaktiveer is. Met hul aankoms by die drankwinkel het hulle gesien hoe ʼn man, geklee in ʼn polisieuniform, en drie ander verdagtes besig was om die winkel te beroof.
“Al vier mans is op die toneel in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op die adjudant-offisier se diensvuurwapen, asook nog ʼn gesteelde vuurwapen,” het Traut gesê. “Aanklagte van sakeroof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen is teen die verdagtes aanhangig gemaak.”
Traut het gesê die vier sal binnekort in die Strand-landdroshof verskyn.
So jammer dat die mark soms 100 kassies groente aanbied met een (meestal meer) kassie waarvan die inhoud nie geskik is vir menslike gebruik nie.
Goeie genade – nogals sommer in uniform. Hoe arrogant!!
Lekke kry vir jou hy het gedink hyt die hef in hande met sy uniform
Die groot rede hoekom misdaad nie bekamp kan word nie ‘n klein minderheid polisie beamptes probeer hulle bes maar die meerderheid is niks anders as skelms in blou uniforms
Anti-Da jy bedoel seker die meerderheid dóen hul bes! Nie andersom nie!
Eugene as dit maar die geval was het ons nie so styging in misdaad gehad nie.
Polisie is daagliks betrokke in rooftogte en moorde, hulle is die grootste bende georganiseerde misdaad. Wat doen die Minister van Polisie en die Nasionale Polisie Kommissaris daaraan? Hoor ons ooit dat hulle dit bevraagteken of aksie neem daarteen? Hulle is net so vrot!!
Wanneer geen slagoffers betrokke is nie is dit net inbraak en nie roof nie! Maar nou ja, by plaasaanvalle word roof weer as gewone inbraak geklassifiseer net soos dit die SAP pas.
Makste hond byt die seerste. Dis omdat enige jan rap en sy maat polisie toe gaan. Mens kan hul ook nie meer vertrou nie.