Polisieman en makkers vas oor vuurwapens, gesteelde motors

Foto verskaf deur die SAPD, Wes-Kaap

ʼn 36-jarige polisiebeampte is saam met vier verdagtes in hegtenis geneem in verband met gesteelde voertuie en ongelisensieerde vuurwapens.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die inhegtenisnemings het Saterdag plaasgevind tydens ʼn gesamentlike operasie deur die blitspatrollie, Kaapstad se honde-eenheid en Netstar Tracker.

“Die span was op soek na ʼn motor, ʼn Toyota Corolla Quest, wat verlede week tydens ʼn huisroof gekaap is. Beamptes het omstreeks 15:10 ʼn huis in Frieslandstraat, Montana, ʼn huis genader nadat hulle die motor deur spoortoerusting gevind het,” het Van Wyk verduidelik.

ʼn Mercedes Benz het op die sypaadjie voor die huis parkeer gestaan en ʼn wit Nissan-dubbelkajuitbakkie is in die straat parkeer.

“Beamptes het ook die Toyota Quest op die perseel opgemerk saam met ʼn paar mans in die erf, wat laat spaander het toe hulle die polisiebeamptes opgemerk het. Drie van die mans is aangekeer en beamptes het beslag gelê op ʼn ongelisensieerde vuurwapen.”

Foto verskaf deur die SAPD, Wes-Kaap

Die dubbelkajuitbakkie het in daardie stadium weggejaag en die Netstar-helikopter het dit agtervolg en sy bewegings aan die polisie deurgegee.

“Beamptes het intussen ʼn man agternagesit wat weggehardloop het. Hy is kort daarna aangekeer.”

Volgens Van Wyk is ʼn sak met ʼn ongelisensieerde vuurwapen op die dak van ʼn buitegebou op die perseel gevind. ʼn Oop kluis is ook op die erf gevind.

“Beamptes het ʼn Toyota Hiace deursoek wat voor die Quest parkeer gestaan het. Nog twee vuurwapens, ʼn R5 en ʼn Luger-pistool, is gevind.”

Verdere ondersoek het aan die lig gebring die Mercedes Benz is verlede maand tydens ʼn kaping in Lansdowne gesteel.

“Polisiebeamptes het intussen, danksy inligting van die helikopterbemanning, die Nissan in Valhalla Park voorgekeer. Die bestuurder, ʼn 36-jarige man, is in hegtenis geneem. Daar is bevind hy is ʼn speurder wat ʼn amptelike SAPD-voertuig ry en hy het ook ʼn amptelike polisieradio in sy besit gehad. Die man was nie in daardie stadium aan diens nie.”

Tydens die soektog in die huis het polisielede ook op ʼn masjien afgekom wat geldnote kan tel, speelgoedgewere, ʼn windbuks en ʼn koevoet.

“Die verdagtes is onderskeidelik 28, 36, 47 en 50 jaar oud saam met die 36-jarige lid van die SAPD. Verskeie gespesialiseerde SAPD-eenhede was op die toneel om verder ondersoek in te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Theresa B ·

Dis darem lekker hoor. Misbruik jou werk as deel van jou korrupte denke. Daar is baie mense wat smag om in die polisie te wees maar weggewys word. Wys jou ook net – vertrou NIEMAND!!

IK ·

Was enige persoon wat sogenaamd tans ‘n ‘vervalle lisensie’-vuurwapen in sy/haar besit het vir roof aangekeer?? Dis waarom hierdie wapens veiliger is in die besit van die ‘ONWETTIGE’ eienaars. Ek kan net raai waar kom die aanvalsgewere vandaan.

vabond ·

presies net so. wie het verwag die nuwe lisensie gaan steeds in krag wees? hulle verander kort kort iets en ons moet vir shabir se dividente gaan betaal met al die verbranse kaarte. die is kaart moet natuurlik ook e
ke vyf jaar teen betaling hernie word.

Willie ·

Ek dink did maar die tippie van die ysberg… Ek vertrou nie die SAPD nie, bokse vol vrot appels… En die ware oud polisiemanne wat iets beteken is nou gesaai

Mickey ·

Die een man se hande is nie geboei nie…was daar nie genoeg boeie nie of is dit moontlik dalk die polisieman. Hulle is betrap maar poseer met hulle gesigte na die muur toe. Waarvoor word die foto dan geneem? Maar in elk geval …. sies vir julle!

Cor ·

Dan word daar van vuurwapen eienaars , wat se lisensie verval het weens SAPD se swak stelsel, verwag om sy vuurwapen in te handig. Nee wat min. Bek hier is weereens n bewys van jou korruptenaare se misbruik van mag

Aida ·

MAAR DAN MOET MENSE WAT VERGEET HET OM HULLE LISENSIES TE HERNU HULLE VUURWAPENS AAN INGEE, of as hulle vuurwapens in die pad le of erf ??? Dan kan jy nie die polisie daarmee vertrou nie? Dit is ‘n SIEK SISTEEM. Wat help dit julle laat mense ONWETTIGE wapens ingee, maar dan vat die polisiemanne dit? Word seker verkoop, en die publiek moet sonder wapens sit.

Moeg ·

En dan is dit nogals ‘n speurder wat gevang is, aldus radio berigte vanoggend. Ek dink Mnr Cele moet sy eie hok en hoenders begin uitsorteer!!

christa ·

dis nou die eens mooi land wat so korrup geword het na die land weg gegee is

shut up ·

dalk het die polisiebeampte net beslag gelê op die voertuie omdat hulle ingehandig was omdat hulle lisensies verval het. wat gaan word van die vuurwapens wat ingehandig word? dit gaan ook geherdistrubeer word onder die meerderheid.

Anoniem ·

Hopelik word die polisieman wat gearresteer is, onmiddelik sonder betaling geskors.

MarieM ·

NEE hy moet nie net geskors word nie, Hy moet sy werk verloor saam met al sy pensioengeld wat hy al opgebou het en hy moet reguit tronk toe…..

Chris Ws ·

Daai “speurder” moet dubbel die straf kry as die ander.Maar kom ek wed julle almal hy gaan skotvry hiervan afkom deur ‘n slim advokaat.Kyk maar.

Neels ·

Wat wed ek julle daardie speurder se verweer gaan wees dat hy n klagte gaan ondersoek het en toe ook agter n voortvlugtende gejaag het. Sy verskoning is klaar deur die korruptenare vir hom uitgewerk

Colleen ·

Hulle is almal seker al vrygelaat met ‘n waarskuwing of die docket het al klaar verdwyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.