Polisieman ernstig beseer, familielid dood toe groep toeslaan

Argieffoto

ʼn Polisieman wat nie aan diens was nie is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal en sy familielid dood nadat ʼn groep mans Sondagaand op hulle losgebrand het.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 22:45 in Xhamastraat in Motherwell plaasgevind.

Volgens Naidoo word daar vermoed die polisieman, verbonde aan die Humewood-polisie, en sy familielid was by ʼn taverne in Mortherwell toe ʼn argument tussen hulle en van die mense in die taverne uitgebreek het.

“Hulle het besluit om te ry en soos hulle in Xhamastraat gery het, het hulle ʼn geluid onder die voertuig gehoor. Toe hulle stilhou, is hulle deur ʼn groep mans uit die motor gepluk en geskiet. Mzwabantu Mnqojana (34) is op die toneel dood terwyl die adjudant-offisier verskeie kere geskiet is,” het Naidoo gesê.

Hy is tans in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal. Sy dienspistool is tydens die voorval gesteel.

Genl. Kehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het dié aanval veroordeel en ʼn 72 uur-aksieplan geaktiveer om die skuldiges op te spoor.

ʼn Saak van moord, poging tot moord en gewapende roof word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anton ·

Nou wat maak sy dienspistool by hom as hy afdiens is en by n drink/kuier plek is???
En nou is daai wapen ook nog in misdadigers se hande wat weer ander onskuldige mense se lewe kan kos.
Jammer maar dink hy behoort aangekla te word.

JoeV ·

Die probeem is hy was die eenigste persoon met wettige wapen daar. As daar nog so twintig ouens was met wapens kon hulle die skelm gou afsit en die wapen terug besorg.

C ·

Nou hoe de hoenders het hy sy dienspistool by hom terwyl hy kuier in a tavern en van diens af is? Sterkte aan die oorledene se familie en vriende.

leser ·

daar was juis die anderdag ‘n sosiale media boodskap wat die rondte gedoen het wat jou waarsku as jy ‘n geluid onder die voertuig hoor, indien dit nie vroeër daar was as jy gery het nie, moet ignoreer, en aanhou ry tot waar dit veilig sal wees om te kyk
en dan weereens, hoekom was die vuurwapen saam met hom as hy gaan “drink” het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.