Polisieman gee hom oor ná moord

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Konstabel het homself aan die polisie oorgegee nadat hy glo Sondagoggend ʼn vrou buite ʼn kroeg naby Witbank in Mpumalanga doodgeskiet het.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die 33-jarige konstabel, wat nie aan diens was nie, het omstreeks 02:00 by ʼn kroeg in Vosman gekuier. Die beampte het glo met ʼn man in ʼn argument betrokke geraak.

Die beampte en die man het ooreengekom om die argument buite die kroeg voort te sit. Die beampte het na buite gestap. “’n 22-jarige vrou het die polisiebeampte na buite gevolg. Hy het haar glo geskiet.” Hlathi het gesê die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

“Die polisiekonstabel het homself by die Vosman-polisiestasie oorgegee en die saak word deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek,” het Hlathi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.