Polisieman gee hom oor weens gekaapte motors

Een van die voertuie wat by die huis gevind is. Foto: SAPD

Een van die voertuie wat by die huis gevind is. Foto: SAPD

ʼn Polisiebeampte het homself Woensdag aan die polisie oorgegee nadat voertuie wat vermoedelik gekaap is by sy huis gevind is, het die polisie in Gauteng gesê.

“Die polisiebeampte het homself Woensdagmiddag by die Hillbrow-polisiestasie oorgegee,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Drie gesteelde voertuie, ʼn VW Golf 6 en twee VW Polo’s, is Dinsdagoggend by die polisiebeampte se huis in Eldoradopark opgespoor.

Die blitspatrollie het in samewerking met die Tracker-opsporingsdiens ʼn motor se sein tot by die beampte se huis in Alleystraat gevolg.

Die Golf 6 is vir sy onderdele uitmekaar gehaal. Die motor is verlede maand in Dawnpark aan die Oos-Rand as gekaap aangemeld. Daar is ook aan die twee Polo’s se onderstelnommers gepeuter.

Die polisiebeampte sal Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Zumpie het hul toegelaat. Anc trots. 69% Anc ondersteuners sé mos Zumpie is goeie leier. Dis die 69% wat so in BEE poste is en lekker steel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.