Polisieman geskiet en gewond

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

‘n Polisieman is Sondag geskiet en gewond in Hebron, noord van Pretoria.

Brig. Thulani Ngubane, polisiewoordvoerder, sê die polisie is ontbied nadat daar ‘n geveg by ‘n kroeg uitgebreek het.

“Daar word beweer dat die polisie steeds op die toneel was, toe drie mans glo ‘n winkel oorkant die kroeg beroof het.”

Ngubane sê die verdagtes het besef die polisie is naby en het op hulle losgebrand. ‘n Polisiebeampte is raakgeskiet en in ‘n stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem. Hy is later ontslaan.

Ngubane sê die verdagtes het van die toneel gevlug met lugtydbewyse van R7 000 en ‘n selfoon. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.