Polisieman geskiet toe hy kaping wou fnuik

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Limpopo, wat van diens af was, het ternouernood aan die dood ontkom toe hy ʼn kaping probeer keer het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê ao. Moses Ramolefo (48) het Vrydagaand sy motor na ʼn karwassery in Lebowakgomo buite Polokwane geneem. Hy was steeds in uniform. “Terwyl hy daar was, het hy vier verdagtes met balaklawas aan in twee voertuie gesien. Die verdagtes het ʼn nuwe Toyota-bakkie gekaap.”

Volgens Otto het die beampte hulle probeer keer toe hy geskiet is. “Die koeël het sy voorkop skrams getref. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die verdagtes het sy vuurwapen gesteel en van die toneel gevlug.” Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

Otto het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. “Die gekaapte voertuig is ook nog nie gevind nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

F ·

Dankie AO dat jy jou lewe gewaag het om ander se eiendom te beskerm. Ek glo nog in poliesiebeamptes soos jy. Sterke met die gesondword proses.

DPJ ·

Daan as hy eerste geskied het was dit moord. Krinemele met meer reg as ander hurger.
AO sterkte met herstel proses.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.