Polisieman geskiet toe hy rowers betrap

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte is Sondagoggend geskiet toe hy vyf rowers op heter daad betrap terwyl hulle ʼn motorhandelaar in Pinetown beroof het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die beampte het omstreeks 05:55 in Hoofweg op pad werk toe geloop, en gesien hoe vyf verdagtes goedere uit ʼn motorhandelonderneming oorkant die straat wegdra.

“ʼn Verdagte wit Mercedes-voertuig het met oop deure naby die motorhandelonderneming gestaan. Die polisiebeampte het nader gestap en toe die verdagtes hom sien, het hulle op hom losgebrand. Die polisiebeampte het teruggeskiet en die verdagtes het in hul wegkommotor gevlug,” het Zwane gesê.

“Die beampte is in sy linkerhand gewond en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die verdagtes het met rekenaars van die motorhandelaar weggekom.” Zwane het gesê ʼn saak van poging tot moord en sakeroof word ondersoek.

Genl.maj. Bhekinkosi Langa, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die polisiebeampte geloof vir sy dapper optrede en hom ʼn spoedige herstel toegewens. “Die verdagtes is nog op vrye voet, maar ons polisiebeamptes by die misdaadintelligensie-eenheid werk onverpoos om die boosdoeners vas te trek,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cherokee ·

‘n Verdagte Merc..:-( Nou word die Mercedes beskuldig. Die woord verdagte is onder verdenking en word misbruik!

Jan Karsten ·

Cherokee, die man verkeer in lewensgevaar, terwyl hy sy werk doen en jy bekommer jou oor die woord “verdagte” Kry ‘n houvas op die lewe.

Koos ·

En weereens moet die feite inboet om polities korrek te wees

Frederik ·

Die waarnemende polisiekommissaris soek nou seker na ‘n Merc met oop deure.
Ja, Koos, hul kleur en/of haarstyl mag onder geen omstandighede genoem word nie. Dan sal Maroela voor die sg MRK opeindig.

Jan Karsten ·

Wel gedaan, Hoop hy herstel gou van sy beserings. Sterkte met jou werk.

humor ·

Die man was sekerlik dapper. maar ek reken sy optrede was nie korrek nie. Hy moes terug gestaan het van die terein en ongesiens bystand geroep het.

Grap ·

Al wat die brawe polisieman verkeerd gedoen het was om die twee skurke nie raak te skiet nie maar ten minste het hy opgetree en sy werk goed gedoen ?

KarooKlong ·

Baie goed gedoen. Jou lewe onvoorwaardelik gewaag om in jou pligte te voldoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.