Polisieman geskiet: Twee aangehou sonder mediese behandeling

Lucky Strauss Madiba en Sipho Mpho Mohlala in die hof. Foto: ANA

Lucky Strauss Madiba en Sipho Mpho Mohlala in die hof. Foto: ANA

Twee verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn polisiebeampte van Pretoria tydens ʼn hoëspoedjaagtog op ʼn snelweg doodgeskiet het, het mediese behandeling ontvang nadat ʼn landdros dit beveel het.

Die landdroshof in Bronkhorstspruit het Dinsdag gehoor die twee verdagtes, Lucky Madiba en Mpho Mohlala, is uit afsondering geskuif en het mediese behandeling ontvang nadat landdros Maryke de la Rey Vrydag die hofverrigtinge verdaag het toe dit aan die lig gekom het dat die twee by Pretoria Sentraal in afsondering aangehou word sonder dat hulle behoorlike mediese behandeling ontvang, soos vereis. Mohlala het ʼn skietwond in sy linkerenkel opgedoen.

Die mans staan tereg op aanklag van die skietdood van konstabel Max Lekalakala tydens ʼn skietery met die polisie op die N4-snelweg.

De la Rey het beveel dat owerhede dadelik die situasie aanspreek deur die verdagtes uit afsondering te skuif en hulle behoorlike mediese behandeling te bied.

Staatsaanklaer Johannes Conradie het Dinsdag ʼn verklaring en bewys ingedien dat die twee verdagtes die nodige behandeling ontvang en dat hulle nou saam met ander gevangenes in gemeenskaplike selle aangehou word.

De la Rey het ook beslis dat die verdagtes na ʼn hospitaal geneem moet word indien nodig. Sy het die saak tot 12 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Lekalakala en ander beamptes van die Silverton-blitspatrollie het na bewering in die vroeë oggendure op 2 Maart op die N4 naby Diamond Hill-tolplaza ʼn verdagte voertuig met vyf insittendes opgemerk en die motoris beveel om stil te hou. Terwyl hulle die motor genader het, het die verdagtes egter op hulle losgebrand en Lekalakala is doodgeskiet.

Die polisie se prioriteitsmisdaadeenheid, die Valke, ondersoek die saak.

Lees alle vorige berigte oor die Diamond Hill-skietery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Uit die Ooste ·

Hel, wat wil hulle nog he. Wat van n 5 gang ete dalk.

Michael ·

Hierdie skurke het ‘n onskuldige polisie man koelbloedig doodgeskiet nou verwag hulle eersteklas mediese behandeling so onregverdig

Christine ·

Snaakse ou wêreld waarin ons woon. Word die regbank nou ook emotioneel?

Theresa B ·

Ag siestog – plak ‘n pleister………………………….

Jacques ·

Stuur n Kubaanse dr en hulle sal sommer gou hulp van die hand wys

tamboti ·

En weereens boemerang die reg teen die slagoffer ten gunste van die aanvaller. Nou dat jy die wet oortree het, skop jou” menseregte” in!

Tina du Toit ·

Jinne, dit gaan my verstand te bowe.!!!!!! `n Polisieman se lewe is geneem en nou word die skuldiges soos slagoffers behandel. Hoe kan mens so blind wees teen misdaad. Ag kan die staatsaanklaer tog net rëel vir koek en tee!!!!!, en hulle paddle op die back. Wragtig waar, dis hoekom daar so baie misdadigers buite rondloop en moor wat voor kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.