Polisieman gesoek vir verkragting

SAPDʼn Polisiebeampte van Noordwes word gesoek nadat hy glo ʼn vrou in Sannieshof verkrag het.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die konstabel het glo Donderdag die 29-jarige vrou verkrag. Ngubane sê die vrou was in Sannieshof om haar kêrel, wat tereg staan op aanklagte van huisbraak, se hoofsaak by te woon. “Die slagoffer het glo vir die ondersoekbeampte ʼn teksboodskap gestuur en gesê sy wil met hom praat oor die saak. Toe sy die beampte in Sannieshof ontmoet het, het hy haar glo mislei deur te sê hy sal haar in die saak bystaan.” Ngubane sê die beampte het die vrou toe glo na sy ouma se huis gevat waar hy haar glo drie keer verkrag het. Die beampte het intussen gevlug en word steeds deur die polisie gesoek. Die beampte het die vrou glo ook vir geld gevra om haar met die saak by te staan. Ngubane sê die voorval is intussen by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld. “Wanneer die beampte in hegtenis geneem word sal hy onmiddellik sonder betaling geskors word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vas Vat ·

Die woord, Geregsdienaar moet uit ons woordeboek verwyder word, dit bestaan nie meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.