Polisieman gevonnis vir moord op meisie

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 29-jarige polisiekonstabel is vroeër die week gevonnis vir die moord op sy vriendin.

Volgens Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), is konst. MN Njeya in die hooggeregshof in Palm Ridge tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Njeya, wat aan die Norwood-polisiestasie verbonde was, is in November verlede jaar aan moord skuldig bevind. Volgens Dlamini het Njeya op 1 November tuis saam met vriende gekuier. Sy vriendin, Kelebogile Kwababa, was in die slaapkamer en hy het later by haar aangesluit.

Volgens die vriende het hulle kort daarna die vriendin om hulp hoor skree. Hulle het drie skote hierna hoor afgaan. Njeya het na ʼn ruk uit die kamer gekom met ʼn vuurwapen in sy hand.

Paramedici en die polisie is ontbied. Kwababa is op die toneel dood verklaar. Njeya is in hegtenis geneem en daar is op sy vuurwapen beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

"Eksê" ·

Nee mahn “bangane” mahn hoe is julle so stil? Moord is moord ons moet aanhoudend ons opinies lig en ons monde uitspoel. Wat reg is is reg en wat verkeerd is is verkeerd bangane.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.