Polisieman gevonnis wat duisende vuurwapens verkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige polisiebeampte van Vereeniging is Dinsdag in die Belville-landdroshof gevonnis nadat hy erken het dat hy ongeveer 2 400 vuurwapens uit die pakkamers van die polisie gesteel en verkoop het.

Christiaan Prinsloo, ʼn voormalige kolonel in die SAPD, is tot ʼn effektiewe 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan het. Ingevolge hierdie ooreenkoms het Prinsloo skuld erken op al 11 aanklagte teen hom wat onder meer rampokkery, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, die onwettige verkoop van vuurwapens, die besit van verbode vuurwapens, die uitwissing van of peuter aan vuurwapens se reeksnommers, bedrog en geldwassery insluit.

Volgens die pleitooreenkoms het Prinsloo gedurende 2007 en 2008 duisende vuurwapens wat by die polisie ingehandig is om vernietig te word, uit die polisie se pakkamers gesteel en verkoop. Hy is uiteindelik in Januarie 2015 saam met ʼn vuurwapenhandelaar in hegtenis geneem wat hom glo met die verkoop van die vuurwapens gehelp het. Prinsloo se medebeskuldigde moet nog verhoor word.

Die hof het die feit dat Prinsloo berou getoon het, sy volle samewerking aan die polisie in hul ondersoek gegee het, dat hy geen vorige veroordelings het nie en dat hy die staat baie tyd en onkoste gespaar het deur skuld te erken as versagtende omstandighede aanvaar. Volgens die pleitooreenkoms is dit egter as verswarende omstandighede geag dat hy sy plig as polisiebeampte versuim het en boonop tot die hoë vlakke van misdaad in Suid Afrika bygedra het deur onwettige vuurwapens te versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Theresa B ·

Diè optrede van die korrupte polisiebeampte verbaas my glad nie…………………………………..
Dis aan die orde van die dag.

Piet Snot ·

Wat dryf ‘n kolonel om sulke dinge te doen?
Inherente slegheid, of dalk eerder die ongestrafde verkeerdhede wat hy rondom hom sien: ook van sy senior offisiere?

Schalk ·

Gerd Lourens. Ek sal hom slegs skuim noem indien hy die wapens aan kriminele verkoop het. Dalk het hy maar net n paar boere help bewapen. Dan verdien hy geen straf nie.

Schalk ·

Ek sien nerens in die berig dat daar melding gemaak word dat hy dit aan bendes verkoop het nie. Tensy jy noue bande met die beskuldigde het en oor meer inligting beskik. Indien wel,deel met ons asseblief.

Jaco Grobler ·

Ai ou Schalk, ek sien die nuwe SA het jou ook al beinvloed, as dit ‘n sekere groep se agenda bevorder is dit maar reg so, of dit nou teen die wet is of nie. Word wakker, nommer1,dis diefstal, 2 geen eerlike mens koop ‘n gesteelde wapen nie, of jy nou Basotho of Boer is, 3 daai wapens sirkuleer reg rondom jou en my in die verkeerde hande. 4, kom onder daai klip uit.

Nee nee ·

Nee, nee hoekom word sy foto nie gewys nie, buiten alles waaraan hy skuldig bevind is, het hy baie onskuldige mense se dood op sy hande. Daardie vuurwapens is in rooftogte, moord, verminking gebruik, almal het die reg om te weet hoe lyk die man wat agter hul verminking of verlies staan! Mag jy elke oggend wakker word met die wete ek het al daai slagoffers se bloed op my hande en gierigheid!

HFC ·

Hy het verkeerd gehandel maar dit breek ‘n mens se hart om te sien die mooi en waardevolle wapens wat ingehandig word vir vernietiging .(wapen versamelaars en liefhebbers sal verstaan wat ek sê)

Koos ·

Ek weet vandag nog nie hoekom mense wapens inhandig nie jy kan die wapens deaktiveer by ‘n wapensmid en teen jou muur hang jy moet net ‘n sertifikaat hê wat dit bevestig

E ·

Sal interessant wees om te sien hoeveel jaar tronkstraf hierdie man gaan kry teenoor Annatjie se kapers.
Ons regstelsel is korrup. Heng, ons eie pres. kom dan weg met als.
Siek wêreld die.

Hasie ·

18 jaar vir so ‘n misdaat is nie genoeg nie.So veel Suid Afrikaners het hul vuurwapens ingehandig omdat ons probeer gehoor gee aan die versoeke van ons regering en sodoende te verhoed dat die vuurwapens in verkeerde hande beland. Vuurwapens wat gesteel kan word om moorde te pleeg. Nou kom een van vertrouelinge en hy verkoop dit aan moontlike moordenaars. Ek het my vuurwapens ook ingehandig, onderandere ‘n pragtige haelgeweer. Met die inhandiging was die hoof van daardie polissiestasie baie geintereseerd in die geweer. Tot vandag glo ek daardie vuurwapen het ‘n nuwe eienaar gekry. Prinsloo, ek kan nie glo dat jy mense so kon bedrieg het nie. Snaaks dat sy kolegas nie agtergekom het hy steel die goed nie. Seker omdat daar geen leiers is soos in die vorige regering wat toesig hou oor dinge nie. Die hoofde van Prinsloo is ook skuldig in hierdie saak.

Chris Ws ·

Magtig Hasie,ek is juis opsoek na ‘n mooi haelgeweer,verkieslik ‘n dubbelloop.En glo my hy sal nie sonder ‘n geveg van my afgevat word nie laat staan nog om ingehandig te word!

Jan ·

Ja, en Gun Free South Africa het mense wyd en syd aangemoeding om hulle wapens in te handig, want jou huis is glo veiliger daarsonder. Loutere onsin! Ons almal het geweet dit gaan gebeur, hierdie ou is net een van vele wat gevang is.

At van Jaarsveld ·

Sluit hierdie ou toe, hou die sleutels en gooi die sel(met hom) in die see.

Piet Pompies ·

Mnr Prinsloo jou hande is vuil van die bloed wat gevloei het uit onskuldige mense as gevolg van jou gierigheid. Dit nogal gedoen as senior lid van die SAPD, wat moet jou ondergeskiktes dink van jou, sies!

Bruno Stef ·

Onthou mense nog die dreigende mannetjie op die destydse bespreking op Forum met Freek Robinson wat die polisie verteenwoordig het die ene Jaco Bothma met sy arrogansie en dreigemente dat wapen eienaars hulle wapens moet inhandig. Wat nou my ou.

Jan maak n Plan ·

As die kop dom is, moet die lyf maar ly. Eerstens is dit uiter dom om jou vuurwapen net in te gee om vernietig te word – die mense moet nie kla as hulle hulleself more moet verdedig en hulle het niks nie. Tweedens glo ek nie dat die wapens gesmokkel en aan rowers verkoop sou gewees het nie, want dit was gedoen deur n vuurwapen handelaar en die moet seker registers he.

Koos ·

Stem 100% saam. Die vooheen benadeeldes loop met AK,s , R5 rond Waar gekry gehasie , nie by die Kol. Nie

Vickus ·

En so is my pa se 12 boor semi-auto Baretta haelgeweer deur n polisieman gevat vir veilige bewaring, terwyl my pa se lyk op die vloer gele het , en nou is die haelgeweer net weg. 2011 gebeur. My ma het gestaan en kyk hoe die ou die geweer vat met die amunisie belt. Ek wens iemand kan ons help om die skurk vastetrek, ons weet wie hy is !!! Die polisiestasie in die dorpie is genader vir hulp maar niks het daarvan gekom nie.

Onderdaan ·

1. Die polisie is nie jou maatjies nie.
2. Mens moet besonder dom wees om ‘n wapen by die polisie om “vernietig te word”.
3. Ek stel die sotlikheid in 2 hierbo gelyk aan die sotlikheid van “ja” stem in 1994.
4. Wat het julle gedink?

Esmay ·

Onderdaan, lyk my daar Is net n handjievol wat iets hier bo het!!!
1) Wat het die “JA” stemmers gedink gaan gebeur. 2) Ons word ons in ons huise aangeval want hulle weet ons is klaar ontwapen. Hoe kan jy net jou wapen inhandig??????

humor ·

Hy kan moontlik n afstammeling van Marthinis prinsloo wees wat hom en 3000 manskap in die Brandwaterkom tydens die engelse oorlog oorgegee het. Hy verdien beslis baie meer as 18 jaar tronkstraf. Eerder die doodstraf. Hy het hoogverraad gepleeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.