Polisieman gewond in skietvoorval

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 36-jarige polisieman van Kempton Park in die ooste van Gauteng is in die hospitaal nadat hy ʼn skietwond aan sy been opgedoen het.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die man is op die hoek van Maple- en Constantiastraat geskiet nadat hy vyf verdagtes in ʼn minibustaxi van die pad afgetrek en ondervra het.

Volgens Siddall het een van die mans ʼn vuurwapen op die polisieman gerig, hom geskiet en toe weggejaag.

Die man is na ʼn hospitaal in Benoni gehaas vir noodsorg.

Meer inligting oor die voorval is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Polisieondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.