Polisieman glo met vervalste geld betrap

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Polisiebeampte en nog vier verdagtes is in Limpopo in hegtenis geneem vir die beweerde besit van vervalste geld.

Lt. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het gesê daar is glo R3 miljoen se vervalste geld in die verdagtes se besit gevind.

Konst. Winners Mashaba (29), verbonde aan die Namakgale-misdaadvoorkomingseenheid, is saam met Mmola Ngoako (30), Ntshepeng Steve Segage (31), Vuyisa Sobuswa (50) en Xoliswa Nkabi (41) in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk van die publiek ontvang het.

“Beamptes het hulle in Lebowakgomo voorgekeer, terwyl hulle in ʼn wit Toyota Yaris onderweg was,” het Netshiunda gesê. Die geld was glo in ʼn skooltas in die voertuig versteek. “Een van die insittendes het dadelik erken die geld behoort aan hulle almal. Hulle is dadelik in hegtenis geneem.”

Die verdagtes het reeds in die hof verskyn en die saak is tot 20 Januarie uitgestel. Die polisie het intussen met dissiplinêre stappe teen Mashaba begin.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jacques ·

Ai ai ai hy werk in die misdaad voorkomings eenheid en dan is hy n krimeneel homself,maar hulle redeneer seker, as die baas van die land kan steel kan hulle maar ook want hy kom dan niks oor nie!!!

Louis ·

Wow vir die opvolg, kan daar nie meer sulke gevalle gerapporteer word nie.

alida ·

Dit is nie eers meer nuus nie. Niemand is verbaas en/of geskok dat dit ‘n SAPD lid is nie.

Boetman ·

Nou vir die groot vraag: Wanneer stel die polisie belang in vervalste geld?
Ek kry dikwels vervalste note tussen die ander in my winkel maar wanneer ek die polisie kontak kry ek lang verskonings oor waarom die saak nie ondersoek sal/kan word nie (geen verdagtes, geen leidrade, baie werk ens. ens.)
Dus vernietig ek dit maar deesdae en vergeet van die verlies.

jacques ·

Ongelukkig is 90% van die polisie deesdae kriminele. Vuurwapens word verhuur, uniforms word verkoop, wapens in polisie veiligheid verdwyn, geld en dagga en ander dwelmmiddels verdwyn uit polisie kluise……dit gaan sommer lekker in die polisie….hoekom….want hul gaan uit met die siening…ons IS die polisie en kan doen wat ons wil en dan is hul nog rassisties ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.