Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in nadat ʼn polisiebeampte in aanhouding selfmoord gepleeg het.
Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, sê die polisiebeampte het homself Saterdag in ʼn polisiesel waar hy aangehou is gehang. “Die bewyse wat op die toneel gevind is wys daarop dat die oorledene homself met sy skoenveters gehang het.”
Dlamini sê die beampte het glo vroeg Saterdagoggend sy eksmeisie verkrag en is dieselfde dag in hegtenis geneem.
Hulle bring die galgtou self in nie aparteit nie
Dis wreed en onmenslik. Ek wonder soms hoe beland vrouens in sulke verhoudings? Of kan hulle doodeenvoudig nie die ‘gevaartekens lees nie’?
Ek bedoel: As ek met ‘n man begin uitgaan, en ek tel op hy het ‘n vinnige humeur of nie respek vir ander vrouens of dalk sy eie familie nie, sal ek mos die ‘gevaarligte begin sien flikker’.
En dan dadelik die verhouding stop voor dit ernstig kan raak.
Dis vir my ondenkbaar dat vrouens in sulke verhoudings beland en dan op die einde met hul lewens daarvoor boet.
Dis seker waarom ek op 45 nog nie getroud is nie. Ek was nie eens in ‘n ernstige verhouding gewees nie.
Ai. Is met leedwese om van kennis te neem. Oorweeg n slag om jou besem in te ruil. Die prinse sal daarna weldra volg.
Amy, nie alle mans is drake nie hoor, daar is nog regtig ware here daar buite.