Polisieman help glo moordenaar ontsnap

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiekonstabel het Vrydag in die hof verskyn nadat hy glo ʼn veroordeelde moordenaar gehelp het om te ontsnap.

Brig. Vish Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Conright Dick Jack (30) is daarvan aangekla dat hy ʼn misdadiger help ontsnap het. Die saak is tot Dinsdag uitgestel.

Volgens Naidu het Jack glo Maandag vir Kagiso Ledwaba gehelp om uit die hooggeregshof in Palm Ridge, Johannesburg, te ontsnap. Ledwaba is voorheen saam met twee ander verdagtes skuldig bevind aan die moord op Uwe Gembala.

Naidu wou egter nie bekendmaak hoe Ledwaba ontsnap het nie. “Ek kan nie die omstandighede van die ontsnapping bekendmaak nie. Al wat ons kan sê, is dat Jack glo bystand verleen het met die ontsnapping en die ondersoekspan soek sedertdien onverpoos na Ledwaba,” het hy gesê.

Naidu het ʼn beroep gedoen op mense om enige inligting oor waar Ledwaba hom dalk bevind by CrimeStop, 0860 010 111, aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gesiggie ·

Korupsie”’ hoe kan mens die Polisie deesdae vertrou.. hul speel lekker saam” en soek net n beloning.

Charles Austin ·

Hy sal niks oorkom nie, en dis die laaste wat ons van die saak gaan hoor.

Willie ·

Daar is +- 200 000 mense in die SAPD. Bietjie n rowwe veralgemening om te dink almal is korrup Gesiggie

Daleen ·

Ek dink nie AL die polisie is korrup nie. Maar 1 vrot vrug kan ‘n hele kas vrot maak.

Hannelie ·

Almal in die polisie is NIE korrup nie….maar dis hierdie waarvan ons lees in koerante wat ongelukkig die polisie ‘n slegte naam gee.

Dix ·

ja asb as n dienende lid vra ek moet ni veralgemeen. ons is min optegtiges hardewerkend lede en is ons trots nog daa

Ian ·

En daar spring n klomp polisiebeamptes vinnig op en kondig luidkeels aan dat dit nie “almal” is nie. Wel, 90% is, en dit maak dat die goeie 10% ook sleg ruik. Ek vertrou nie die polisie nie en meld ook nie meer misdade aan nie. Mens kla tog nie by n boelie, omdat jy geboelie word nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.