Polisieman het glo verdagte vrygelaat

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Nicolaas Petrus Cilliers (25), ʼn polisiebeampte van die Parow-polisiestasie in Kaapstad, het Vrydag in die Belville-distrikshof verskyn op aanklag van bedrog en dwarsboming van die gereg.

Cilliers, wat in die Paarl in die Wes-Kaap bly, het op ʼn oproep van die Parow-buurtwag reageer om ʼn man in hegtenis te neem nadat hy glo met dwelmmiddels betrap is. Cilliers het die man in aanhouding geneem, maar het hom glo later, met die dwelmmiddels en al, vrygelaat en versuim om hom in ʼn aanhoudingsel te hou vir verdere ondersoek.

Hy het ook in die hof verskyn op aanklag van bedrog nadat hy glo ʼn mediese sertifikaat vervals het sodat hy ʼn verskoning kon hê waarom hy nie vir werk opgedaag het nie.

Hy is op 21 November 2014 in hegtenis geneem, en het drie dae later voor landdros Cyril Kroutz verskyn. Hy is tydens sy tweede hofverskyning op 30 Januarie vrygelaat op borgtog van R1 000.

Sy saak is Vrydag na die Bellville-streekshof oorgeplaas waar hy weer na verwagting op 1 April moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KarooKlong ·

Gee die robbies sommer ‘n permanente mediese sertifikaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.