Polisieman hoor sy lot ná hy betoger doodskiet

hof-hamer

Argieffoto.

Die polisiebeampte en pa van twee wat daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn tiener in 2013 tydens ʼn betoging in Durban doodgeskiet het, is Maandag in die Durban-landdroshof tot tien jaar tronkstraf gevonnis.

Nqobile Nzuza (17), wat ten tyde van haar dood in matriek was, is in haar rug geskiet tydens ʼn betoging wat gewelddadig geraak het in Cato Crest, ʼn informele nedersetting wes van die Universiteit van KwaZulu-Natal se Howard Kollege-kampus.

Die voorval het op 30 September 2013 plaasgevind tydens een van vele skermutselings tussen inwoners van die nedersetting en die polisie.

Volgens Abahlali baseMjondolo (Abahlali), ʼn beweging wat homself as die grootste organisasie vir militante armes in ʼn post-apartheid Suid-Afrika beskryf, het Nzuza by die betoging wat deur Abahlali gelei is aangesluit om teen die “brutale aanvalle” en “onwettige uitsettings” in die omgewing te betoog.

Phumlani Ndlovu, ʼn junior polisiebeampte ten tyde van die voorval, was vir die duur van die verhoor steeds deel van die polisiemag nadat hy tydens ʼn interne ondersoek vrygespreek is.

Ndlovu het ontken dat hy Nzuza geskiet het ten spyte van ballistiese bewyse wat sy vuurwapen met die moord verbind het. Die hof het tydens die verhoor gehoor dat Ndlovu vir die eerste keer ooit sy wapen afgevuur het die dag waarop Nzuza geskiet is.

Landdros Anand Maharaj het tydens die vonnisoplegging gesê die skietery is verstaanbaar, maar nie regverdigbaar nie.

Die hof was volgepak met Abahlali-ondersteuners.

“Tydens die verhoor het ʼn mens aanvanklik die idee gekry dat dit selfverdediging was. Ons het uitgevind daar was skote in die lug en skote na die grond geskiet. Jy kan nie sê iemand het uit selfverdediging opgetree as iemand in die rug geskiet is nie,” het Maharaj gesê.

“Die bevinding wat ek moet maak is dat [Ndlovu] in die skare in geskiet het. Dit is die waarskynlikste. Hy het met verskillende weergawes vorendag gekom: dat hy in die lug in geskiet het en toe in die grond in, maar niemand wil aan my verduidelik hoe hierdie kind in die rug geskiet is nie,” het Maharaj gesê.

Maharaj het gesê hoewel die betoging gewelddadig geraak het, was daar geen getuienis dat die tiener gewelddadig opgetree het nie en dat sy trouens probeer het om van die geweld weg te kom.

Adv. William Nicholson, vir Ndlovu, het die skietery as ʼn “een-in-ʼn-miljoen” en ʼn “splitsekonde besluit” bestempel.

Hy het aangevoer Ndlovu was in gevaar en het ʼn breukdeel van ʼn sekonde gehad om ʼn besluit te maak om sy lewe te red sonder om die geweld te vererger.

“Die polisie het sy verweer dat hy in die grond ingeskiet het tydens die dissiplinêre verhoor aanvaar,” het Nicholson gesê.

Maharaj wou nie ʼn verlenging van Ndlovu se borgtog toelaat nie.

S’bu Zikode, die president en stigter van Abahlali, het aan African News Agency gesê hy is teleurgesteld dat Ndlovu minder as 15 jaar tronkstraf ontvang het en sy aansoek om verlof tot appèl toegestaan is.

“Maar ons aanvaar en verwelkom die vonnis want die polisieman gaan nou in die tronk wees en uiteindelik sy werk en al sy voordele verloor,” het Zikode gesê.

Zikode meen hierdie vonnis sal ʼn duidelike boodskap aan “hooligan” polisiebeamptes stuur wat “dink hulle kan agter die polisie wegkruip”.

Volgens die KwaZulu-Natal se departement van menslike nedersettings vorm 569 informele nedersettings en 238 000 huishoudings deel van die eThekwini munisipaliteit.

Die departement het aan ANA gesê dit sou sowat R42 miljard kos, sonder inflasie en uitsluitend enige verbeteringe aan die huidige behuisingstipologie, om vir al hierdie huishoudings skuilings te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Fanie ·

Dit is die rede dat ons land is wat hy vandag is Die polisie is te bang om op te tree want daar is nie beskerming vir hom nie as hy n verkeerde besluit op die hitte van die oomblik neen kos dit sy eie lewe die skurke en moordenaars het mos ook mense regte maar daar word nie gekyk dat die polisie in hierdie geval ook mense regte het wat dit wil verdedig maar n mens mag jouself nie meer verdedig nie so belaglik Gee vir die mense wat ons probeer beskerm meer beweeg ruimte

Hanna ·

Wat het die 17 jarige kind in die optog en in die strate gemaak? Moes sy nie in die skool gewees het nie? Voel jammer vir hierdie polisieman. Sterkte!

Drikus ·

Dit is om van mal te word. Was die regter en staatsaanklaer al ooit deel van so ‘n oproerige skarebeheer oefening? Jou kanse is 100% dat jy iemand in die rug gaan skiet. Jy het nie tyd om akkuraat jou teiken uit te soek nie. Jy skiet immers op ‘n skare – en nie sonder rede nie. Wat was in die eerste plek die oogmerk van die betogers? Wat het die oorledene daar gesoek? In die konteks kom dit voor as ‘n ongenaakbare misplaaste hofuitspraak, wat nie regverdig is teenoor die SAPD lid nie. Hoe kan ons van SAPD lede verwag om voortaan oproerige skares te beheer as die uitsprake voorkom? Kan Maroela Media asb vasstel watter regshulp die SAPD lid met bemiddeling van sy bevelvoerder gaan kry? Hy hoort nie in die tronk nie.

NEEMAN ·

EK voel die polisieman moes GEEN tronkstraf gekry het nie. Kinders word oral gebruik om amok te saai tydens onluste en protesoptredes. Hulle is nie so onskuldig soos daar na die tyd beweer word nie. Die Polisie moet die mag he om hulleself te verdedig en die (onskuldige) publiek wat nie deel is van die optogte nie te beskerm ten tyde van aanvalle en protesoptredes. Hulle word met klippe gegooi, geslaan en met brandende voorwerpe gegooi, ek kan nie dink hoekom mag die polisie nie optree nie? Nou vra almal – hoekom staan die polisie stil – dit is omdat hulle nie wil tronk toe gaan nie.

Annie ·

Ja wat het sy gedoen by die betoging sy moes in die skool gewees het – sy het by haar ouers geleer om te betoog – die ouers moes eerder die 10 jaar kry – ek voel baie jammer vir die Polisieman en sy gesin. Wag tot die skole more begin die Universiteite later die maand – dan gaan jy sien hoe betoog kinders en dan gaan daar niks aangedoen word nie. Hierdie land van ons se regstelsel is siek en belaglik !!!!!!!!!!!!

KG ·

Dis so maklik vir mense wat nog nooit in die midde van ‘n lewensgevaarlike situasie was om te oordeel of te se wat hulle sou gedoen het. Op daardie oomblik moes hy ‘n besluit geneem het en ek kan dink dit was chaos….ek kry hom regtig jammer, want daar is nog polisie manne/vroue daarbuite wat hul werk ernstig opneem. Ongelukkig word baie van hulle gekniehalter deur veral die politici, unies en ‘n klomp onnodige rompslomp om hul werk behoorlik te doen.

Hans ·

Stem saam met als wat jul gesê. 100%. As sy dan so onskuldig in hierdie protes was, hoekom dan nie eerder na die polisie toe loop hande om hoog. Hoekom het sy weggehardloop. Of hy nou waarskuwing skoot geskiet het of nie, die rondte sou dan elkgeval enige iemand getref het. Ek voel jammer vir albei partye want die rede hoekom sy daar was word nie vir gegee nie, sou sy kon net sowel vasgevang gewees onskuldig in die ding ek weet nie.

Tammy ·

Onthou dis Suid Afrika waar hierdie voorval gebeur het. In Suid Afrika word die misdadigers, moordenaars en verkragters deur die reg beskerm. Hulle mag doen wat hulle wil want hulle is misdadigers….n misdadiger het nie n ouderdomsperk nie. Hulle moor vandat hulle 10 jaar oud is. Die vrou moes nie naby die chaos van n oproerigheid gewees het nie.. sy moes in die skool gewees het, maar het reeds op haar ouderdom geweet sy kan gaan klippe gooi en aan die brand steek en lekker lag oor die chaos wat sy veroorsaak. Ek is baie jammer vir die arme polisieman wat net moes skiet, anders wat sy kinders vandag wees gelaat. Mag sy appel slaag en hy n regter kry wat mooi na die aangeleentheid sal kyk. Hy het net sy werk gedoen, maar ook die noodlot het weer ingegryp!!

Anoniem ·

Dis presies hoekom Donald Trump SA ‘n sekere naam genoem het.

Katryn ·

Manie en al die ander. Ek stem saam met julle. Ander lande sal nooit hier meer wil besoek so ons prag van n land sal toeriste al minder sien. So sal ons agteruit gaan. Christus sal eers weer die leier moet word en hulp sal dan kom. Voorspoed lê in op ons kniee gaan

HPV ·

Belaglike vonnis! Dit is om die minste te sê lagwekkend, kan net in Suid Afrika gebeur. Siek stelsel.

Cherokee ·

En ek verskil met ieder en elk van julle. Die feit dat die polisie ‘n man toerus met ‘n vuurwapen en na oproer stuur om skare te beheer terwyl hy nog nooit ‘n skoot afgevuur het met ‘n vuurwapen nie, vertel genoeg! Hy behoort dus nie gelisensieerd te gewees het nie.

bgj van der westhuizen ·

dit is belaglik mense wat misdaat pleeg as hulle eits oorkom dan is hulle die veronregte party daar om is dit misdaat land en as die man nog nooit n vuurwapen af gevuur het nie hoekom was hy daar gesit om te werk dit beteken die bestuur van die sapd is skuldig aan mood en nie hy nie en was dit moord wat het die kind daar gesoek

des ·

Cherokee, jy kan vinnig praat. Hy het nie voorheen by enige misdaad of optogte ‘n skoot af gevuur nie. ek glo hy het wel vuutwapen opleiding in die polidiebkollege gekry waar hy wel met sy vuurwapen na teikens moes skiet.

Christo ·

Dis hoogtyd dat die polisie-unies met die minister vergader om die boodskap oor te dra dat die polisie nie die ANC se politieke gemors kan uitsorteer nie. Ek is ‘n onderwyser wat ook met jeugdiges ‘werk-
wat mens tart, aanrand en jou rassisties beledig. Al word daar teen hulle opgetree, is dit ‘n waarskuwing. Wat het die matriek ‘brat’ gedoen wat aanleiding gegee het tot die polisiebeampte se optrede? Weet iemand dat ‘n ‘militante beweging’ gepaard gaan met DOELBEWUSTE GEWELD? Netso is die EFF se ‘freedom fighters’ besig met politieke terrorisme as hulle geweldadig H &M winkels plunder. Hulle opperbevelvoerder is mos ‘Generaal ‘Malema. Skiet ‘n van diens-af polisieman op inbrekers sonder om enige iemand te tref, word sy dienswapen weggeneem. (Ek moet sê die beampte het aan die wit mamparra offisier gesê hy kan dit hou, alhoewel hy ‘n skerpskutter is, het die wapen vir hom geen doel nie.

Pop ·

En ons wonder hoekom doen polisie niks aan die betogers wat alles verwoes in hulle pad. Arme polisieman se lewe is verwoes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.