Polisieman hou glo dwelms vir homself

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte wat daarvan aangekla word dat sy dade tot gevolg gehad het dat ʼn dwelmverwante saak teruggetrek is, hoop om ʼn pleitooreenkoms met die staat aan te gaan.

Konst. Ashley Clint Munnik van Athlone in Kaapstad het die week in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn. Sonnenberg het op versoek van die staatsaanklaer Simon Leope die saak tot 21 April uitgestel wanneer die pleitooreenkoms na verwagting afgehandel sal wees.

Volgens die klagstaat was Munnik by die Bonteheuwel-polisiestasie gestasioneer en was hy die ondersoekbeampte in die saak van ʼn man wat in hegtenis geneem en aangekla is vir die besit van 17 pakkies tik.

Munnik moes die 17 pakkies tik na die forensiese laboratorium in Plattekloof neem, maar het glo net vyf daarvan na die laboratorium geneem en die ander 12 pakkies vir homself gehou. Hy het glo ook die reeksnommer op die forensiese sak, waarin die tik gehou is, verander en het dit daartoe gelei dat die klag teen die beskuldigde teruggetrek is.
Munnik is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van bedrog en regsverydeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tiger ·

Ek stem saam met Michael ! Dan wil “hulle” mens vertel ‘n polisieman is ‘n wetsgehoorsame landsburger se vriend?Nie myne nie jammer!

Karolis ·

Elke Polisieman moet op meriete geoordeel word maar die sapd is ongelukkig nie meer ‘n geloofwaardige instansie nie.

Vra maar net ·

Hulle moet maar almal se sekerheidsklaring nagaan vir die wis en on .wis.
Daar is niks mee verkeerd nie.
Moet sê almal kan oor dieselfde kam geskeer word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.