Polisieman in hof ná hy eggenoot skiet

Die vrou is na die hospitaal gehaas nadat sy in die gesig geskiet is. (Argieffoto: SA Polisie)

’n 36-jarige polisiebeampte van die Hebron-polisiestasie in die Noordwes kan moontlik van poging tot moord aangekla word nadat hy sy vrou glo tydens ’n argument in die gesig geskiet het.

Die verdagte het Woensdag in die landdroshof in Garankuwa verskyn.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig dat ’n ondersoek na die afvuur van ’n amptelike vuurwapen van stapel gestuur is.

Volgens Cola het die 33-jarige vrou se seun haar na afloop van die skietvoorval na die hospitaal gehaas. “Sy word tans in die intensiewe sorgeenheid van ’n hospitaal in Pretoria behandel.”

“Die verdagte het homself na afloop van die voorval by die Hebron-polisiestasie oorgegee. Die voorval word ondersoek,” het Cola gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

Hoekom sal hy “moontlik” van moord aangekla word? Hy het haar doelbewus in die gesig geskiet na ‘n argument en dit IS poging tot moord en niks anders nie.

Mariana ·

Hy kan “moontlik” aangekla word van poging tot moord? Hoekom net moontlik as dit presies is wat hy gedoen het? As sy sterf sal dit “moontlik” moord wees?

JM ·

Hoekom die erns van die aanval nie by die naam noem nie? Hy wou haar vermoor!

Pablo ·

Hoe het die persoon n polisieman geraak. Hy is beslis nie normaal nie

quartus ·

Die poliesman het sy “eggenote “geskiet , nie waar nie ?

Jack ·

Ja ons weet nou nie sy konneksies nie so hy sal dalk op boete van R500 loskom pp die klag van aanranding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.