Polisieman in hof na hy glo vriendin doodskiet

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

ʼn 41-jarige polisiekonstabel het Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn in verband met die dood van sy vriendin.

Lekwatsipa Evans Masemola is in hegtenis geneem nadat hy glo Sondagaand sy 35-jarige vriendin by die polisie-barakke in die Pretoriase Moot doodgeskiet het.

Masemola, ʼn konstabel van die blitspatrollie in Midrand, het sy vriendin glo daarvan beskuldig dat sy ʼn liefdesverhouding met een van sy kollegas aangeknoop het, terwyl hulle nog in ʼn verhouding was.

Sontaga Seisa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê Masemola het glo verskeie skote op sy vriendin afgevuur. Sy is op die toneel dood verklaar.

ʼn Moordsaak word deur Opod ondersoek.

Die saak teen Masemola is tot volgende week Dinsdag uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genis

Ongelukkig is lewe vir sekere mense niks werd nie…

Johannes

41 jaar oud en nog steeds ‘n konstabel? Die was ‘n ramp wat iemand moes sien kom het.

Michael 1

Hoekom het hy n vuurwapen op n sondag aand in die barakke ,hulle gee die vuurwapens in na n skof of was hy aandiens wat nog erger was as hy in die barakke was.