Polisieman in hof oor gekaapte motors

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte wat homself aan die polisie oorgegee het nadat voertuie wat vermoedelik gekaap is by sy huis gevind is, het in die Protea-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen lt.kol. Prince Derby is tot Dinsdag uitgestel wanneer hy na verwagting om borg saal aansoek doen.

Drie gesteelde voertuie, ʼn VW Golf 6 en twee VW Polo’s, is Dinsdagoggend by die polisiebeampte se huis in Eldoradopark opgespoor.

Die blitspatrollie het in samewerking met die Tracker-opsporingsdiens ʼn motor se sein tot by die beampte se huis in Alleystraat gevolg.

Die Golf 6 is vir sy onderdele uitmekaar gehaal. Die motor is verlede maand in Dawnpark aan die Oos-Rand as gekaap aangemeld. Daar is ook aan die twee Polo’s se onderstelnommers gepeuter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Sluit die gemors vir baie lank toe. Hy is n polisieman en moet n voorbeeld stel of wil hy sy president se streke uithaal.

Asjas ·

Hy wil president word, kriminele rekord is ‘n vereiste, tronkstraf sal in jou guns tel om die betrekking te kry …

CHRISTA ·

Ek het 702 radiostasie 13.2..2015 geskakel om aan hulle te noem dat al hierdie “bogus” polisie wat die motors so kaap, dalk nie eers “bogus” is nie, dat hulle dalk waarlik ons polisie is. Hulle wou nie eers na my luister nie. Net gesê: “Thanks for calling” en die foon in my oor neergegooi.

Drieks ·

Hoemeer die BEE aanstellings ons land misluk, hoe minder wil 702 radio dit hoor. Want die waarheid is BEE het ons gepootjie.
En 702 skree nog al die pad BEE, tot hul omroepers deur die blou bende te nagekom gaan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.