Polisieman in hof oor gesteelde goedere

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiekonstabel van Noordwes het Maandag in die hof verskyn in verband met die beweerde diefstal van lugverkoelers, ʼn brandblusser en ʼn lig.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het gesê die konstabel het in die Lehurutse-landdroshof buite Zeerust verskyn en die saak is tot 21 April uitgestel hangende ʼn besluit van die senior staatsaanklaer. Die beampte is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Volgens Ngubane is die beampte Vrydag in hegtenis geneem nadat daar glo vier lugverkoelers, ʼn brandblusser en lig in sy besit gevind is. Die toerusting is glo in ʼn ou gebou gelos en daar is Vrydag besef dit is weg. ’n Ondersoek is van stapel gestuur en die goedere is glo by die polisiebeampte se huis gevind. ʼn Departementele ondersoek is ook teen die beampte van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drieks ·

Jip, so het die 1.2 miljoen se sigarette laasjaar ook in die selfde polisie stasie verdwyn wat die valke op beslag gelé het. Ondersoek bietjie die polisieman goed….

CHRISTA ·

Is ons polisie so korrup omdat die regering en sy departemente so korrup is? Die ANC kan nie staatsdepartemente en provinsies wat onder hulle val behoorlik bestuur nie, maar hulle steek altyd hulle neuse by die Weskaap in – die provinsie in ons land wat die BESTE bestuur word. African National Circus!!!

Ansie ·

Ek sien die saak het al in Maart voorgekom so ek is mosterd na die maal. Maar brandblussers!! Ag wat van R28 000 se skape wat Madikwe polisie van ‘n persoon se bakkie af in hulle skudkrale laai. Die eienaar van die skape daag by Madikwe polisiestasie op, maar net omdat dit al na ure is, weier die speurder om uit te kom om die eienaar na die skud te vergesel om sy skape te eien. Nee die eienaar kan maar die volgende more weer van Zeerust af ry Madikwe toe om sy skape te kom eien wanneer die betrokke speurder aan diens is weer. Wat gebeur? Die eienaar word vroeg vroeg al deur Zeerust polisie gekeer om te gaan want sy skape is weg. Ons praat nou al van twee maande gelede en nog geen skape is in die eienaar se kraal nie. Daar is ‘n saak aangegee maar niks het daarvan gekom tot vandag toe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.