Polisieman in hof oor k-woord

Die Pretoria-landdroshof. Foto: Brenda Masilela/ANA

’n Polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy sy medebeamptes rassistiese woorde toegesnou het, het Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Kapt. Jaco Henrico staan tereg op aanklagte van crimen injuria. Henrico se kollegas by die Pretoria Sentraal-polisiestasie het verskeie interne en kriminele klagtes teen hom aanhangig gemaak vir beweerde rassisme.

Volgens Lawyers for Human Rights (LHR) is daar klagtes wat van 2016 af dateer en is dit glo nooit aangespreek nie.

Henrico het glo die k-woord gebruik en sy kollegas verbaal geteister. Volgens Wayne Ncube van LHR het talle polisiebeamptes die organisasie genader om hulle by te staan.

“Die saak verteenwoordig een van talle sake waar polisiebeamptes klagtes aanhangig gemaak het rakende voorvalle van rassisme by verskeie polisiestasies reg oor die land.”

Die saak teen Henrico is tot 20 Julie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Albaster ·

Hy wou seker nie saamwerk met sy kollegas om omkoopgeld in te samel nie of saam ‘n misdaad te pleeg nie.

Jannie ·

Kan verkeerd wees maar dit klink vir my na sameswering om hom kwaadwillig te vervolg.
Hierdie beamptes ken die prosedure waarom nou ewe skielik?

tamboti ·

‘n Daad wat gepleeg is in die verlede, wat nou deur wet as misdaad geklas word, kan mos nie terugwerkend vervolg word nie! Crimen injuria wel gepleeg maar moet ooreenkomstig gestraf word, gewoonlik boetes of ligte opgeskorte vonnis?

Joe Olivier ·

N konstabel sal seker voortaan bekend staan as n onstabel.

Lagwekkend belaglik ·

Moet asb tog net nie die “K” woord gebruik nie.Jy SAL onmiddelik vervolg word vir die ernstige oortreding en die regering is besig met wetgewing om dit te kriminaliseer-Maar dis heel okay dat hulle mense wreedaardig martel en vermoor en die regering noem dit nie eers nie.WHAT A JOKE!!

marous ·

Waarom word ‘n sekere geloof nie beveel om die verskriklike woord uit hul geskrifte te haal nie ?

Zella ·

Ag nie alweer nie! Ons gaan seker nou elke dag van iemand lees wat die K woord gebruik het. Hulle gaan hierdie K woord ding ry tot hy holrug is.

Gert ·

Leer die mense nie? Ek hoop die klagtes is vals. Indien nie, moet hy maar op die harde manier leer!!

Tik tok tik tok ·

O nee hier is nou n heksjag op ons Pasop om soma te beoordeel jy kan dalk more of nounou ge target word Is daar n video clip hier beskikbaar of is dit weer hoorsě Regtig mense ons is in groot moeilikheid

Ken ·

Ja selfs al gebruik ons nie die woord nie gaan ons daarvan en ander misdrywe vals beskuldig word, dit is n bekende taktiek om n volk te probeer breek, maar ons gaan nie dat hulle met ons mors nie.

Johann ·

Hierdie gaan alle wittes raak, vier of vyf staan saam en jy gaan onskuldig saam met Sparrow of Momberg boet. Beste is om voor die hof aan te dring op n leunverklikkertoets, as jy valslik beskuldig word. Kyk hoe sit ander dan vir meineed.

Ken ·

Dit het nie Ashwin afgesit nie, hy het vals beskuldig, Supersport het dit vandag erken en hom met ope arms teruggenooi. Ons moet nie toelaat dat hulle ons vals beskuldig nie.

Koos de Meyer. ·

Kom ons kyk wat word van die polisie manne wat op sosiale media rasse haat spraak geuiter het en sommer polisie vuur wapens op sy lessenaar vertoon. Hy moet reguit tronk toe gaan saam met die ander twee wat se ons wittes moet dood gemaak word en dan nog vulgêre taal daarby.

Belaglik ·

Hy moet net vir hulle se dat hy n Muslim is dan kan hy hulle aankla vir n aanval op sy geloof.

Nikita ·

Genade nee…weet julle ons moet nou in ons pasopens wees…die hele land weet van Vicky Momberg se k- woord storie en die tronkstraf…so bly maar uit enige stryery of uit hierdie mense se pad, want ek kry net so n gevoel dat hulle in die toekoms waar n gestry of rusie is sommer n leun sal vertel en se die k- woord is gebruik net om n onskuldige mens in die tronk te laat beland. Daar moet natuurlik in elk geval goeie bewyse wees, anders is dit 1 se woord teen die ander. Ja en n leuenverklikkertoets kan ook help soos jy se Johann. Wees maar versigtig en gewaarsku.

Polla ·

Ag Shame, nou kan hulle weer aandag in die media kry. Te treurig om met goeie diens die media te bereik .

pieter ·

Hierdie gaan nog n heksejag word. As hulle die dag besluit dis nou jou beurt , kom n paar van hulle bymekaar, en beskuldig jou dat jy hulle die woord genoem het, en netso is dit jou woord teen hulle woord. Jy verloor jou werk, gaan tronk toe of kry n belaglikke groot boete.

DD ·

Wat gaan mense keer om in die toekoms net te gil “rasis” en dat jy die ‘K’ woord gebruik het net omdat hulle nie van jou gesig hou nie, of omdat hulle dink jy is nie demokraties genoeg nie? Hulle woord word bo jou woord verkies. Hulle staan saam….al is dit leuns. Wat is jou kanse???? Jy is gedoem as enige anderskleurige jou ‘n rasis noem al is dit leuns!!!! Hierdie soort van ding gaan erger word…en ek voel jammer vir die onskuldiges.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.