Polisieman in hof oor kind se verkragting

’n Polisieman het vandag in die hof in Pietermaritzburg verskyn in verband met die verkragting van ’n kind. (Foto: pixabay)

’n Sersant (44) van die Impendle Vispol-polisiestasie het Donderdag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn in verband met die verkragting van ’n agtjarige meisie vier jaar gelede.

Volgens Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), word beweer dat die ma van die toe agtjarige meisie ’n uitslag tussen haar kind se bene opgemerk en behandel het.

“Twee maande later het die meisie blaasprobleme ervaar en haarself natgemaak. Sy het ook gekla dat haar geslagsdele seer is.

“Die ma het haar kind ondersoek en bevind daar is fout met haar geslagdele.”

Cola sê die meisie het eers die skuld op ’n vierjarige seuntjie gepak, maar later erken dat die betrokke sersant haar verkrag en gedreig het.

“Die kind het gesê dat die polisiesersant haar alleen in die huis gevind het waarna hy die deur gesluit en haar verkrag het. Hy het glo ’n vuurwapen in haar mond gedruk en gedreig om haar te skiet indien sy ooit aan iemand vertel wat gebeur het.”

Volgens Cola is die voorval by Opod aangemeld waarna ’n verpligte ondersoek van stapel gestuur is.

“Die verslag is aan die direkteur van openbare vervolging in Pietermaritzburg oorhandig vir die besluit om te vervolg. Die verdagte is gevolglik op Maandag 15 Junie by sy huis in die Impendle-gebied in hegtenis geneem.”

Die verdagte sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 24 Junie wanneer sy borgtogaansoek aangehoor sal word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

N mens kan jouself nie eers so iets indink nie. Hoe siek en arrogant moet die “mens” wees om dit te doen en dan wil wegkom daarmee? Bring doodstraf terug.

Outspoken ·

Maar ons moet ons polisie vertrou om ons almal veilig te hou… Dis so hartseer dat ons polisie meer kriminele het as die publiek

Mystify ·

Polisie is veronderstel om ons veilig te hou… Het egter in die laaste amper 2 jaar, op ‘n harde en lelike manier geleer om nie polisie te vertrou nie. Jy kry geen slegter krimineel as ‘n skelm polisieman nie…

Erika ·

Dit is Hartseer dat n Polisieman homself skuldig maak aan verkragting van n kind. ipv n verskil te will maak.. Bring die Doodstraf terug. Maar Hulle sal nie want sekeres weet dit is hulle eie mense en die Lojaliteit teenoor hulle eie ras as meerderheids groep geniet dikwels voorkeur bo reg/Versus verkeerd Ongeag Ras

modiglianigirl ·

Vier jaar gelede. Waarom neem dit so lank om die vark aan die pen te laat ry? Bring asseblief die doodstraf terug. Dan sal ons kindertjies veiliger wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.