Polisieman in hof vir omkoopgeld

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Wes-Kaapse polisieman wat daarvan beskuldig word dat hy R2 000 omkoopgeld gevra het vir die vrylating van ʼn man wat vir aanranding in hegtenis geneem is, het Donderdag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Bellville verskyn.

Landdros Sabrina Sonnenberg het gesê dit is stories soos dié wat die hele Suid-Afrikaanse Polisiediens ʼn slegte naam gee.

Harold Deon Jacobs (41) het in Desember 2015 glo R 2 000 omkoopgeld van ʼn gevangene gevat nadat nagenoeg R3 900 by die man afgeneem is voor hy in die polisieselle vir aanhouding geplaas is.

Die ooreenkoms tussen Jacobs en die gevangene was dat hy hom sou vrylaat.

ʼn Kaptein aan diens in dié spesifieke tyd het egter snuf in die neus gekry, en die kontant op Jacobs gevind voordat die verdagte vrygelaat is.

Hy is in hegtenis geneem.

Jacobs het nie gepleit nie en verskyn weer op 30 Mei in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kay ·

dit gebeur baie op ons paaie in ons omgewing polise trek jou af … vir geen goeie rede nie , en dan soek hulle geld … komm eers met dreigemente gaan jou toesluit as hulle iets verkeerd kry , dan laat hulle jou uitklim en dan deur soek hulle jou kar … en dan begin dit skimp … 3 x met ons gebeur een vroulik en een man ander kere een man / ander keer 2 mans … ons het niks betaal nie maar hulle was baie duidelik opsoek na geld … en het ons vir 30 min daar langs die pad gehou … gewoonlik laat aand … ons het al 3 keer terug gekom van ‘n siek ma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.