Polisieman in hof vir vrou se skietdood

Bantu Mchunu. Foto: Verskaf

Bantu Mchunu. Foto: Verskaf

Die polisiebeampte verbonde aan die Germiston-polisie se georganiseerde misdaadeenheid aan die Oos-Rand wat na bewering sy vervreemde vrou Saterdag 14 keer met sy dienspistool geskiet het, het Maandag in die hof verskyn.

Bantu Mchunu staan tereg op aanklag van moord wat as ʼn skedule 6-misdryf aangehoor word. Hy het vlugtig in die Vosloorus-landdroshof verskyn, waarna die saak tot 15 Augustus uitgestel is vir sy formele borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding by die Vosloorus-polisiestasie.

Maroela Media het vroeër berig Mchunu, ʼn adjudant-offisier, en sy 42-jarige vrou was besig om te skei. Sy vrou het by haar suster in Vosloorus gewoon waar hy Saterdag in sy amptelike motor opgedaag het. Die beampte het sy vrou glo 14 keer geskiet voordat hy in sy motor gevlug het. Die vrou is op die toneel dood.

Mchunu het die voertuig se opsporingstoestel ontkoppel en die polisie tot Sondagaand ontduik. Hy het homself omstreeks 18:40 aan die polisie oorgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sjoe ·

Hier moes iets groot verkeerd geloop het met die man, sy rang en alles dui op ‘n goeie werker, dalk is dit prys van sy werk en kan nie aanvaar sy vrou kan nie meer daarmee saamgaan nie, so jammer want dit is totaal overkill, ongelukkig kan niks regverdig wat hy aan haar gedoen het nie, rus in vrede en sterkte aan beide families, want hier kom weer ‘n familie skeuring.

KarooKlong ·

Eish… een van die minder aangename berigte om te lees. So jammer.

RC ·

Hoe kan sy diens pistool 14 rondtes skiet? Tensy hy dit weer gelaai het.

Karma ·

Sjoe, die man lyk sommer vir my soos ‘n krimineel …… Of oordeel ek nou onregverdig? Maar wat ek nou nie verstaan nie is dat hy met sy amptelike motor (lees ek reg as ek sê dit was dus ‘n polisie-voertuig) gery het (hy was dus aan diens?) en met sy dienspistool sy vrou 14 keer geskiet het? Sjoe, dit is nou regtig ‘n “overkill”. En ons moet sulke mense vertrou in ons SAPD?

poot ·

Karma
Ja jy het reg gelees. Dit is ‘n Polisie voertuig en hy WAS aan diens. Wat is die punt wat jy probeer maak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.