’n 52-jarige polisiebeampte het Donderdag in die landdroshof in Polokwane verskyn nadat hy na bewering geld van ’n verdagte geëis het om ’n dossier te vernietig.
Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, sê ao. Tlabo Mapotla word daarvan beskuldig dat hy geld van ’n verdagte geëis het wat in 2018 op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem is.
Mapotla is verbonde aan die polisiestasie in Westenburg.
“Die beskuldigde is op Dinsdag in Polokwane deur die direktoraat vir prioriteitsmisdade (die Valke) in hegtenis geneem nadat hy R6 000 van die klaer ontvang het.”
Mapotla staan nou tereg op aanklag van korrupsie en afpersing.
Die saak is tot 20 Oktober uitgestel wanneer Mapotla na verwagting aansoek om borgtog sal doen. Hy bly tot dan in aanhouding.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Ek hoop en vertrou jy sal baie lekker woon in jou nuwe woonkompleks en dat jy net so trots sal wees op jou oranje uniform as wat jy was op die blou. NS ek hoop hulle verloor die sleutels.
As die dossiere moet verdwyn,wanneer gaan misdaad dan stop.
Lekker kry vir jou!!!
Hierdie uniform-boewe raak makker by die dag.
daars nog baaaaaaie van hulle