Polisieman in hof ‘wat inligting verkoop’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisieman wat na bewering inligting wat hy van misdaadintelligensie-rekenaars bekom het, verkoop het, het Woensdag in ʼn hof in Kaapstad verskyn.

Zukusani Mtakati (30) het voor landdros Sabrina Sonnenberg in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville verskyn op aanklag van korrupsie.

Hy is in hegtenis geneem nadat die misdaadintelligensie-eenheid agtergekom het een van sy lede verkoop inligting wat op die eenheid se rekenaars gehou word. Mtakati is as die hoofverdagte geïdentifiseer.

Mtakati is in Junie verlede jaar tydens ʼn geheime operasie vasgetrek. Tydens die operasie het hy ʼn geheime agent se nommer gekry onder die voorwendsel dat die agent iemand se profiel van die rekenaarstelsel af wou kry. Volgens Xolile Jonas, die staatsaanklaer, het Mtakati die agent in Julie gebel om die nodige inligting by hom te kry.

Hulle het gereël om by ʼn winkelsentrum in Brackenfell te ontmoet. Die agent het die ondersoekbeampte in die saak in kennis gestel en ʼn lokval is vir Mtakati gestel. Nadat hulle by die ontmoeting oor die prys onderhandel en Mtakati die betaling van R3 000 aanvaar het, het hy na sy motor geloop om ʼn CD met die inligting te gaan haal en hy is daar in hegtenis geneem.

Die saak is Woensdag tot 14 Junie uitgestel en Mtakati, wat vroeër op R5 000 borgtog vrygelaat is, se borgtog is verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KLEIN ·

Net so word die wapens wat ingegee word ook verkoop en nie vernietig nie.

Tersia ·

Hoop hy is geskors. Maar kyk mooi een van die dae is hy terug met n rang hoér as sy huidige een.!!!! Dit is mos hoe dit werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.