Polisieman in hof wat tiener glo verkrag

Die Oos-Londen-landdroshof. (Foto: Google)

ʼn Polisieman van die Keimond-polisiestasie in die Oos-Kaap wat na bewering ʼn tiener vroeër vandeesmaand in sy kantoor verkrag het, sal Maandag in die hof verskyn.

Die 45-jarige speurder het intussen sy bedanking by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien.

Lizzy Suping, woordvoerder van die onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod), sê die speurder sal vlugtig in die Oos-Londen-landdroshof verskyn. Hy sal na verwagting tereg staan op aanklag van verkragting.

Opod het verlede week ʼn ondersoek na die beweerde verkragting van stapel gestuur en die man Vrydag in verband hiermee in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming kom nadat ʼn 17-jarige meisie die speurder daarvan beskuldig het dat hy haar in sy kantoor by die polisiestasie verkrag het nadat sy ʼn saak teen haar kêrel aanhangig wou maak.

Die betrokke speurder het na bewering ʼn dag voor Vrouedag die tiener by haar tuiste te hulp gesnel ná ʼn beweerde geskil met haar kêrel. Op pad polisiestasie toe het hy glo seksuele voorstelle gemaak wat sy afgeskiet het.

Toe die twee egter sy kantoor betree het, het hy haar na bewering verkrag waartydens sy daarin geslaag het om hom te byt en met ʼn bottel oor die kop te slaan.

Sy het uit die kantoor ontsnap en haar na die gemeenskapsdienssentrum in dieselfde gebou gehaas om die voorval aan te meld.

Die direktoraat in die Oos-Kaap is oor die voorval in kennis gestel en het sedertdien berading vir die slagoffer aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Waarnemer ·

En noudat hy uit die SAPD bedank het loop ht seker skotvry rond.Hy behoort axngehou te word.

domheks ·

Pateties! SAPD se naam nog verder deur die modder gesleep!

Pannies ·

Die publiek is nie eens meer veilig by die polisie nie. Skande op skande.

Miena ·

Lekker man … lekker. Dis mos hoe dit gaan in SA. Wie moet mens nou vertrou wanneer n saak by die SAPD aangegee word? Wie moet mens bedank vir die haglike situasie waarin ons (en ons mag) is? Beslis nie Boland Bank nie.

Marcello ·

Daar is geen reëls meer vir die Polisiemag nie. Ek weet van ‘n geval waar 2 manlike Polisie beamptes gestuur is om ‘n “sogenaamde kindermishandeling” (Dame) in hegtenis te neem, wat het geword van die reël dat ‘n vroue beampte, ‘n vrou in hegtenis moet neem. Dit was inelkgeval nie eers die waarheid nie, want geen bewyse kon gevind word teen die beskuldigde nie.

SjN ·

Wag vir Hoedeman om kommentaar te lewer oor sy trotse kader aanstellings!!

Jixy ·

Hy gaan seker weer se sy is gelukkig dat sy net eenkeer verkrag is.

Swerwer ·

Laat ‘n mens ril om te dink jy kan nie eens ‘n persoon wat versonderstel is om ‘n skoon rekord te hê,hou,handhaaf kan vertrou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.