Polisieman in Jhb doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiesersant is Dinsdagmiddag in Johannesburg doodgeskiet terwyl hy ʼn man wat vermoedelik by ʼn rooftog betrokke was, agternagesit het.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die beampte, sers. Andries Mabena, en sy kollegas was besig met ʼn misdaadvoorkomingsoperasie in die Jeppe-polisiëringsgebied toe hulle inligting ontvang het van ʼn gewapende rooftog by ʼn plastiekwinkel in die gebied.

“Sers. Mabena en twee ander beamptes is in ʼn polisievoertuig na die winkel om ondersoek in te stel. By die winkel het hulle kringtelevisiebeeldmateriaal nagegaan en ʼn beskrywing van die verdagtes gekry,” het Peters gesê.

Die drie beamptes was besig met roetinepatrollie in die omgewing toe hulle twee mans sien wat by beskrywing van die rowers pas.

“Mabena en sy twee kollegas het uit die voertuig geklim en die verdagtes te voet agternagesit. Twee beamptes het een van die verdagtes agtervolg en Mabena die ander een. Dié verdagte het Mabena geskiet en hom noodlottig in die bors gewond, waarna hy gevlug het.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak en ʼn soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anel ·

Dis baie hartseer maar hoekom het hy nie sy “bullet proof” baadjie gedra nie. Dit was ‘n gewapende roof! Hy moes voorsien het dat die verdagtes gewapen is. Nou is hy in die bors geskiet! Nalatig. Die polisie moet hul baadjies dra, asseblief. En ja, dit is warem, maar ek kry eerder warem as om dood te wees. Sterkte vir julle.

Trudi ·

Die bullet proof het nie gehelp nie hy het sy bulletproof aan gehad hy is geskiet waar die bullet proof nie toe maak nie. Dit is maklik om na die tyd te se ja die polisie moes voorsiening gemaak het. Wat moet ons as polisie lede nog doen om ons self te beskerm as die toerusting wat aan ons gegee word nie genoegsame beskerming gee nie.

Vivian ·

Dankie vir jou diens, jy het jou lewe gegee vir n saak. RIV. my innige meegevoel vir sy familie en vriende mag jul hartseer in blydskap verander met die opstanding.

Arizona ·

Het Sersant Mabena geken. Hy was n staat maaker wat die gemeenskap met sy hart bedien het. Ons gaan jou mis Sersant. Rus in Vrede.

Quintin ·

In die ou dae het die polisie iemand beveel om stil te staan, as hy bly weghardloop soek hy mos moeilikheid en word geskiet. Dis hoe sukses behaal word en dan word daar na die polisie geluister.

al ·

Dis jammer dat die kriminele die oorhand het in Suid-Afrika. N Pligsgetroue polisieman het sy lewe verloor agv wetteloosheid wat soos kanker deur die land trek. Waar is die dae toe burgers nog respek gehad het vir wet en orde? Terwyl vuil politiek deur hooggeplaastes gespeel word, is hierdie land gedoem. Sterkte aan die polisieman se familie wat Kersfees in rou moet deurgaan.

Joey ·

Anel, die lid het sy koeël vaste baadjie aangehad. Die rondte is deur op sagte kant waar baadjie vas maak. RIV Ou Grote ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.