Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die 25-jarige konstabel van die Somerset-Wes-polisiestasie het laat Dinsdagmiddag saam met ʼn kollega patrollie gedoen in ʼn informele nedersetting naby Sir Lowryspas.
Volgens Traut het die beamptes ʼn verdagte in hegtenis probeer neem. Die verdagte het die sersant se vuurwapen afgeneem en hom daarmee geskiet voor hy gevlug het. Die konstabel het die verdagte agternagesit en bystand ontbied. ʼn Skietery het tussen die konstabel en die verdagte uitgebreek en die konstabel is doodgeskiet.
Traut het gesê nog polisiebeamptes het op die toneel opgedaag waarna ʼn skietgeveg tussen die beamptes en die verdagte uitgebreek het en die verdagte doodgeskiet is. “Die gesteelde vuurwapen is in sy besit gevind. Die gewonde sersant sterk in die hospitaal aan.”
Die omstandighede wat tot die skietery aanleiding gegee het, word deur die polisie ondersoek.
Maroela, jammer vir die kritiek, Ek maak ook foute in my skrywe. Tog is daar foute in die beriggewing wat my dikwels pla.. Die skietery het nie uitgebreek nie, maar ontstaan. Ons kan se n pes of siekte het uitgebreek. Die wapen is in hierdie verband nie gesteel nie, maar geroof. Dit is sekerlik met geweld geneem. Daar word ook dikwels gemeld van n fratsongeluk wat geensins so is nie.
Dit wil my voorkom die verdagte het beter opleiding ontvang as SAPD. Dankie tog vir versterkings.
Verskaf aan hulle slegs pepersproei, dan is daar vir beide partye geen risiko nie. Het die sersant wapenopleiding geslaag?