Polisieman in Limpopo met panga doodgekap

Simon Matakura (Foto: Verskaf)

Nog ʼn polisiebeampte is Sondag in Limpopo dood nadat hy wreedaardig met ʼn panga doodgekap is. Dit is die derde wetstoepasser die afgelope week wat vermoor is.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn 17-jarige buitelandse meisie het by die polisiebeampte, Thinandavha Stanley Mudau (52), se kantoor in Thohoyandou in Limpopo opgedaag en beweer dat sy deur haar familielid, Simon Matakura, verkrag is. Mudau was betrokke by die Thohoyandou se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS).

Mudau het die meisie na die naaste polisiestasie geneem om ʼn saak van verkragting teen Matakura aanhangig te maak. “Op pad polisiestasie toe het Mudau besluit om Matakura eers te ontmoet en te ondervra,” vertel Maluleke.

Met hul aankoms by die plek van ontmoeting, het Matakura Mudau met ʼn panga aangerand en doodgekap. Hy het die meisie ook aangeval, maar sy kon daarin slaag om weg te kom. Sy word tans in die hospitaal behandel.

“Die Valke is sterk op die moordenaar se spoor,” het Maluleke gesê.

Indien enigiemand inligting oor Matakura het, kontak kapt. Phineas Ramaite by 082 576 0932 of die polisie by 086 00 10111.

Maroela Media het vroeër berig nog twee wetstoepassers is Dinsdag doodgeskiet, onderskeidelik in Kaapstad en Nelspruit.

ʼn Verkeersbeampte is deur ʼn taxibestuurder in Kensington in Kaapstad doodgeskiet toe hy hom vir ʼn verkeersoortreding in hegtenis geneem het. Die bestuurder het die beampte op pad polisiestasie toe oorrompel en doodgeskiet. Dieselfde oggend is ʼn lid van die Valke in Nelspruit deur ʼn groep mans met ʼn aanvalsgeweer doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel ·

Polisie moet geleer en opgelei word om hulle self te verdedig sonder die vrees dat hulle vervolg sal word.

Rose ·

Hoekom het die polisieman die slagoffer saam gevat na die verkragter toe?

Lucy ·

En die opregtes word wreed vermoor terwyl die bose vrylik rondloop… Nes soos Marikana is die sekuriteit beamptes en die polisie opgekap in stukkies met pangas! Maar toe word polisiemag veroordeel wat hulself verdedig het na roekelose en dreigende optogte…Hoe moet die polisie hulself verdedig in n land waar die skurminkels beskerm word vra ek jou?Genade dit is jammer om te hoor van die polisieman se dood wat blootweg sy werk opreg gedoen het..Maak n mens hartseer en moedeloos…

ES ·

En die nuwe vereiste wat Bheki Cele in die staatskoerant geplaas het dat die polisie net een elke 5 jaar bevoegdheidskursusse vir hul vuurwapens hoef te doen maak dit net nog erger.

Hulle kan nie eers hulself verdedig nie… en nou moet ons op hulle staat maak om ons te beskerm?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.