Polisieman in Oos-Kaap doodgeskiet

Konst. Devin John Hattingh

Konst. Devin John Hattingh

‘n 31-jarige polisiekonstabel is Maandag in Motherwell in die Oos-Kaap doodgeskiet.

“Daar word beweer dat die oorledene in sy privaatvoertuig in Nyaraweg in Motherwell was toe hy deur die verdagte genader is,” het kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die verdagte het die polisiebeampte, wat van diens af was, in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood. Die polisie het intussen aan Maroela Media bevestig dat die oorledene konst. Devin John Hattingh is.

Soci sê polisiebeamptes wat in die area op patrollie was, het die geweerskote gehoor en na die toneel gehaas.

“Hulle het ‘n motor sien wegjaag en het dit agternagesit. Die verdagtes het skote op die polisie afgevuur.” Soci sê ‘n 30-jarige man is by ‘n motorwas-onderneming in hegtenis geneem.

Soci sê die verdagte sal binnekort op aanklag van moord in die Motherwell-landdroshof verskyn.

Hattingh word oorleef deur sy vrou, wat ook ‘n polisiebeampte is. Die motief vir die moord is nie in die stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Verskriklik, ‘n jong lewe weg. So wag ons almal, wie se gesin is volgende. PATETIESE REGEERING.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.