Polisieman in oprit doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Polisiekolonel van Witbank in Mpumalanga is Dinsdagaand in die oprit voor sy huis koelbloedig doodgeskiet.

Lt.kol. Fana Simon Maseko het net voor sy huis in Mtsukistraat in Ackerville stilgehou, toe twee gewapende mans op hom losgebrand het. Hy het op die toneel gesterf.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die skieters het met leë hande van die toneel gevlug. Die motief vir die moord op Maseko is nie tans bekend nie.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale kommissaris van die polisie, het opdrag gegee dat ʼn 72-uur-aksieplan in werking gestel word om die moordenaars so vinnig moontlik vas te trek. Volgens Naidoo is lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, forensiese kenners, en speurders van die polisie en die Valke tans besig om elke moontlike leidraad op te volg om die skuldiges op te spoor.

“Ek het die provinsiale span opdrag gegee om geen hulpbronne te ontsien nie om die mense wat hiervoor verantwoordelik was op te spoor,” het Sitole gesê. “’n Aanval op ʼn polisiebeampte is ʼn aanval op die nasie en as nasie moet ons saamstaan om hierdie voortgesette aanvalle op ons mans en vroue in blou onmiddellik stop te sit.”

Sitole het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting oor die skietvoorval om dit by Stop Misdaad by 0860 010 111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Elize ·

Lees ek reg. Die moor van manne en vroue in blou moet onmiddelik stop gesit word en alle hulpbronne sal ingespan word om moordenaars op te spoor. Wat van manne en vroue wat nie in blou geklee is nie Sithole. Wat doen jy daaraan. Verseker stel jy nie alle hulpbronne beskikbaar nie, hulle is maar net nog n statistiek. Dit is jammer dat hy sy lewe so moes verloor. Dit is egter die nuwe SA.

Elize ·

HI Elize
Ek stem 100 % saam met jou, hoekom net die manne en vrou in blou wat van al die ander mense (Nasie) in Suid Afrika, soos jy se……is hul maar net statistieke??

Blou ·

HANTEER DIE PLAASMOORDE OOK SOOS POLISIEMOORDE …. ANDERSINS IS HIERDIE MAAR NET OOK GEWONE MISDAAD — soos wat Sisulu sê~

lh ·

Generaal Sitole, ek stem 100% saam met jou. ‘n Aanval op enige Polisie beampte, is ‘n aanval op ‘n Nasie! Ek wonder net wat gebeur met die 2 magtelose Polisie manne van Sunnyside wat rondgepluk, met bakstene gegooi en verneder was deur ‘n menigte buitelanders ? Het dit nie tyd geword dat ons manne en vroue in blou die instruksie kry om hulself en hul kollegas te verdedig teen die tipe van gedrag nie? Ons Polisie diens word ‘n bespotting van gemaak . . .

Blou ·

Hulle maak van hulleself ‘n bespotting .. 4000 het kriminele rekords ..

christoffel ·

nee lh ek stem eintlik saam met jou dat daar n verspotting gemaak word van die polisie,
want die rede daarvoor is, dat die polisie n bespotting is vir ons land

Cherokee ·

Klink asof bedoel word ‘polisiebeamptes is die nasie’. Boere en ander is dus buitestaanders.

Alida ·

Vertel hom daardie storie. Die SAPD is veronderstel om vrees in te boesem. Die kriminele skiet voor die voet. Die SAPD moet opdrag van ou Cele kry om hulle self te verdedig en te skiet om dood te skiet. Dan eers sal hulle respek hê vir die SAPD.

JWC ·

Tragies en simpatie met oorledene se naasbestaandes…. Suid Afrika is op ‘n gevaarlike pad geplaas deur die ANC – die misdaad onder hulle patetiese “leierskap” is totaal buite beheer en was nog NOOIT voorheen so ongekend nie. Dan ook; Is een se dood meer belangrik as ‘n ander… Wat van ELKE plaasmoord? Word dit ook met dieselfde dringendheid ondersoek?

Sandra ·

Julle mag maar van my verskil: Die enigste afskrikmiddel vir hierdie ongekende hoeveelheid, en geweldadige moorde is die doodstraf. Goeie mense leef agter tralies en voel altyd onveilig. Dit terwyl rampokkers en moordenaars vry rondloop. Polisiemoorde moet onmiddellik ‘n doodstrafvonnis kry.

Anne ·

Ek is bevrees as die doodstraf in SA ingestel moet word kan jy net dink vir wie die straf opgele gaan word ?

willem Botha ·

Ek stem hou n referendum dat die mense kan besluit of hulle die doodstraf wil hê, ek sê ja

Anti moord ·

Sitole jou allie hoekom moet ons help soek jou mense is soooo goed opgelei Wat van die moorde op WIT plaasboere? Kom ou grote vertel ons en as jou kamstige polisie lede NIE die manne vas trek nie wat dan? Hulle fire?

Hester ·

Ek het nou net min of meer dieselfde geskryf . Dat daar dadelik n 72 – uur aksie plan vir mans en vrouns in blou gestig word. Dis n aanval op die nasie, Nou wonder ek net Plaasmoorde/aanvalle is ons nie deel van die nasie ne , blykbaar nie. DISKRIMINASIE………… Hkm ek dit hier se is omdat MM nou net eerste kommentaar laat verdwyn nie…..

Petro ·

My sy seun is al 8 jaar terug in Burgersdorp vermoor hy was ook n polisieman en die polisie het nog niks aan sy moord gedoen nie hulle gee geen terugvoering aan my as sy ma maar dit laat my wonder is dit omdat hy n wit polisieman was ek sal net daarvan hou om die pes in sy oe te kyk en vir hom te vra hoekom my seun geskiet het nie hy was nog een van die goeie polisiemanne

Gert J van wyk ·

daar is n onderonsie tussen die lede, hulle moet maar daar begin met hulle ondersoek.

Pedro Breetzke ·

Siestog. Indien alle lede van die SAPD hul werk doen sal daar nie kriminele wees nie. Ek wag al meer as n jaar op n antwoord van n Brigadier hier in Secunda op n beedigde verklaring wat hy gevra het ek moet afle. Nee wat behalwe vir simpatie met die geliefdes laat hierdie berig my koud. Die SAPD moet geen hulp van my verwag nie. Hoe meer hul gehelp word hoe minder doen hulle.

willem Botha ·

Dit is tragies as enige persoon onnodig sy lewe verloor,ek gaan weer sê die kriminele doen net wat die polisie hulle toelaat en partykeer draai die krimineel op sy kollega in blou en dan draai dit partykeer tragies uit.

Boerboel ·

Die enigste manier wat misdaad weer onder beheer gebring kan word as die Polisie n’ eenhied op die been bring misdaad inteligensie. Sonder dit weet jy niks wat aangaan nie.
Die eenheid moet oud Polisie manne kry wat ervaring het vir die soort werk. Gewone lede kan nie die tipe werk doen nie. Dis amper soos die ou Selous Scouts wat gebruik was gedurende die bos oorlog in Zim, Hulle werk is om die bendes te infiltreer en slaan toe as die oomblik reg is. Sonder dit gaan hulle sukkel. Daar is ook n’ te kort aan sigbare Polisie lede. Hulle kort n’ SWAT unit in elke streek of groot stad en informante wat slegs betaal word as daar resultate is.

Karlahari ·

n Aanval op die nasie.
In ander lande genoem terrorisme. Brand van infrastruktuur en intimidasie van inwoners onder internasionale wet is terrorisme.
Hoekom is ANC so bang vir die term? Vonnis is dan baie strenger.

Martien ·

Altyd by mammie gesit en met afgryse geluister Na haar vertelling van Italia Se Mafia wat die land regeer het en mense doodgemaak het asof dit Sommer net n takie is wat uitgevoer word. Ek was bang as mammie hierdie realiteite Vir my vertel het. Ek het myself gelukkig geag Om hier in SA te Kon woon. Nodeloos, in ons eie Mafia land Klink dit wat mammie my altyd vertel het Na Heidi tussen die Berge storietjies. En Ek huil…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.