Polisieman in Pta doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte van Pretoria is Vrydag in die noorde van die stad doodgeskiet terwyl hy aan diens was.

Twee polisiebeamptes, ʼn konstabel en ʼn sersant verbonde aan die Soshanguve-polisie, was in hul polisiëringsgebied besig met ʼn roetine-stop-en-deursoekpatrollie toe hulle aangeval is.

Volgens die polisie het die beamptes glo ʼn verdagte voertuig, wat vroeër in Vosloorus gesteel is, afgetrek. Die beamptes was besig om die voertuig te nader toe die insittendes op hulle losgebrand het. Een beampte is op die toneel dood en die ander een is met beserings na ʼn hospitaal geneem.

Fikile Mbalula, die minister van polisie, het die voorval streng veroordeel.

Mbalula het sy innige meegevoel teenoor die slagoffers se vriende, familie en kollegas betuig. Hy het onderneem om Sondag die oorledene se familie by hul huis te ontmoet. Hy gaan ook die beseerde polisiebeampte in die hospitaal besoek.

Niemand is nog in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.

Die oorledene se naam word weerhou totdat al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wultin Meyer ·

Daar is geen respek vir die polisie nie. En hoe anders dan hul is meestal onbevoeg en korrup. Vuur met vuur is goed maar hul sal eers die onkruid tussen hul moet uittrek anders gaan dit marrakas veroorsaak

johann ·

Dit kan sekerlik net toegeskryf word aan die swak opleiding wat die lede kry.

Oosie ·

Stem met jou 100% saam! Kan nie bekostig om ‘mak’ te raak nie.

Gideon ·

Nee jy moet onthou krimenele is beskermde wild in die NSA. Selfs die polisie mag dalk teregstaan as hulle dirf een van hulle doodskiet in kruisvuur. As blanke sal jy selfs terugstaan as jy nie ook sterf in jou teenaaval nie – nie minimum geweld toe gepas nie.

·

As jy so slim is en alles weet, gaan doen jy hul werk. Praat baie maar doen is seker min.

LMF ·

Johann dit kan sekerlik toegeskryf word aan die opleiding wat die nuwe suidafrika by hul meesters aan leer waar kry die gemors inelkgeval daai gewere waarmee hul geskiet het by eff vir witmense bedoel en perongeluk is daar polisie manne wat hul werk erinstig opneem en met n lewe boet

Jan ·

Daar is nog vele goeie polisiebeamptes. Maar hulle kan nie al die werk doen nie. Ongelukkig is dit ook ‘n faset van die regering wat verpolitiseer word ten koste van effektiewe dienslewering. Let op die Infanteriebasis (9SAI) wat die afgelope week deur misdadigers oorval en beroof is. Gaan ADT of Chubb hulle nou oppas?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.