Polisieman in Pta geskiet

saps-sapd-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die 52-jarige man, ʼn polisiebeampte, wat Dinsdag in die vroeë oggendure verskeie kere tydens ʼn beweerde huisroof in Pretoria geskiet is, se toestand is stabiel.

Kapt. Augistinah Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die beampte, wat verbonde is aan die Maupa-Naga-polisiegebou in die middestad, is omstreeks 02:30 by sy huis in Danville in die weste van die stad geskiet.

“Volgens die beampte se vrou het hulle geslaap toe hulle beweging buite hul huis gehoor het,” het Selepe gesê. “Die beampte het sy dienspistool geneem en gaan ondersoek instel.”

Die beampte het op drie mans afgekom wat by die huis probeer inbreek het. “Toe hulle die beampte sien, het hulle dadelik op hom geskiet voordat hulle met leë hande van die toneel gevlug het. Die beampte is in sy bors en in sy been getref.”

Met paramedici van Netcare 911 se aankoms is die man in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Selepe het gesê sy toestand is tans stabiel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willie ·

Die polisieman wat geskied is, is opgelei in die sort van voorkoming. So ons kan hier sien hoe diefstal weer vir platante moord geblameer word. Om iemand net te skiet sodra jy die persoon gewaar is die modes operandi om te moor. Goed voorbery om te skiet, moor en te vlug. Wat vir my snaaks is dat hulle in getalle kom, en so braaf is. As hulle gevang word, kyk maar hoe benat hulle hulself… lafaarde…

Michael ·

Willie ek dink nie ‘n mens moet aanvaar hy is goed opgelei nie ek glo as hy was het hy gewag vir sy kollegas,soos jy tereg sê hulle kom in bendes wanneer dit donker is en dan lê hulle jou nog voor en hulle sal jou doodmaak vir ‘n selfoon net baie bly hy het oorleef hoop hy spoor sy aanvallers op .

Renate Barnard ·

Maupa Naga is nie ‘n polisiestasie nie. Dit is ‘n SAPD gebou in Sunnyside waarin die Afdeling: Operasionele Reaksie Diens (ORS) gehuisves word.

André ·

Renate lees die berig behoorlik. Die skrywer sê uitdruklik dat dit ‘n SAPD gebou is. Ai ai ai…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.