Polisieman jok glo oor kaping

Die polisiemotor is later in ‘n nabygeleë woud gevind. (Foto: Saps)

Dissiplinêre stappe kom teen ʼn 34-jarige polisiekonstabel wat glo valslik beweer het dat hy met ʼn amptelike polisiemotor in ʼn kaping en roof betrokke was. ʼn Video op sosiale media het egter later verklap dat hy die motor misbruik het om saam met sy vriende by ʼn kroeg te gaan drink.

Die voorval het in die vroeë oggendure van 20 Augustus in Engcobo plaasgevind. “Die betrokke konstabel het aangevoer dat hy die aand op ʼn klag van seksuele aanranding gereageer het. Hy was kwansuis op pad terug van ʼn kliniek waar hy die slagoffer afgelaai het, toe twee gewapende mans hom genader en met ʼn geweer teen die kop uit die voertuig gedreig het,” sê brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap.

Volgens die polisiekonstabel het hy ongedeerd van die voorval afgekom, maar het die boewe met die polisiemotor weggery. Die motor is later in ʼn nabygeleë woud gevind en ʼn grootskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.

ʼn Ondersoek het egter aan die lig gebring dat die konstabel die betrokke aand die polisiemotor gebruik het om saam met ʼn vriende ʼn plaaslike kroeg te besoek. “Videomateriaal wat op sosiale media versprei word, wys hoe hy en ʼn groep vriende met bottels drank in hul hande uit die agterkant van ʼn gemerkte polisievoertuig klim.”

“Dissiplinêre stappe is onmiddellik teen die konstabel ingestel, aangesien hy klaarblyklik die polisie se gedragskode oortree het en die polisie se naam in oneer gebring het,” sê Kinana.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jurgens ·

Bestaan daar dan gedragskode vir polisie? As mens na die minister kyk wonder mense net…..

Marcello ·

Aag dit is nie nuus nie, ek het al hoevele Polisie voertuie opgemerk met siviele pasasiers in,, (vrou of kinders).

Niklaas ·

Om te lieg is sommer nou al tweede natuur by die kaders . Dit gebeur so netjies en vlot in hul kringe. En dissiplinere stappe beteken deesdae vir die SAP dat skuldiges mooi vriendelik versoek word om nie weer betrap te word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.