Polisieman klap glo blinde vrou

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in nadat ʼn polisiebeampte ʼn blinde vrou glo in die gesig geklap het.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, sê polisiebeamptes het na bewering Sondag by dié vrou se huis in Phuthaditjhaba, in die Vrystaat, opgedaag om twee mense in hegtenis te neem vir verskeie oortredings.

“Terwyl die polisie in die huis was, het die 46-jarige blinde vrou haar 32-jarige suster hoor skreeu en huil. Toe sy haar hand uitsteek om te probeer bepaal wat aangaan, het sy ʼn reeks klappe gehoor,” sê Cola.

Volgens Cola het die vrou glo haar 21-jarige dogter gevra om die beweerde aanranding af te neem. Dit is toe dat een van die beamptes van buite af inkom en haar verskeie kere in die gesig klap.

“Nóg ʼn persoon (25) is ook glo deur dieselfde polisiebeamptes aangerand toe die slagoffer hulle oor hul doen en late uitvra.”

Opod se ondersoek gaan intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Porseleintjie ·

Polisiebeamptes is mos baas in die land. Verhewe bo die gereg wamt hy is die gereg. Maar hoe dan anders? Volg maar net die voorbeeld van die regering.

SjN ·

Dit wat ek wil kwytraak sal nie geplaas word nie maar uiters swak optrede deur wetstoepasser.

Truthful ·

Wie gee die man die reg om sommer in mense se woning integaan?

Keelvol ·

Hy kon n klagte by gewoon het. Hy kon die suster gaan arresteer het vir die pleging van n misdaad. Die uitvoering van n lasbrief. Die strafproses wet gee hom daardie reg.

Fedup ·

mad hatter taught his children well.
No respect, no humanity, no manners.
The moto of the police.

Sarel ·

Opod se Boeke is so vol die ouens is nie eers bekommerd nie. Daar sal niks vanOpod ondersoek kom.nie. Almal weet dit.

AJ ·

Ons polisie dink mos hulle is verhewe die wet…. ek dink hulle moet n les geleer word.

Jannie van Niekerk ·

Julle kan maar gaan kyk. Dit sal polisiebeamtes wees wat lede van die ANC, EFF, COSATU of SAKP is.

Magda G ·

Stem saam want die arrogansie wat die spul het is net te erg

Jr ·

Mans kan hulle net aanvat as hulle baie is, saam met een of twee vroue polisie. Vrouens en ou mense – sterk mans.

Tokkel ·

Dit is as jy onbevoegde mense werk kry en swak opleiding! Mense wat range kry wat dit nie verdien, dan kry mens dit! Fire hom asb. hy is nie ons taxgeld werd nie.

Gert ·

Onbevoegdheid en mags dronk is deesdae die norm vir Polisie lede. Daar is geen dissipline te bespeur nie. Hulle word in ‘n berig hierbo deur die parlementêre komitee oor Polisie as gevolg van swak verslag lewering weggestuur, hulle is konstant in die kollig oor onbehoorlike gedrag teenoor die publiek, hulle word gereeld gedagvaar vir onwettige arrestasies, korrupsie is aan die orde van die dag, die minister dreig en skree die heeltyd op die publiek wie hulle veronderstel is om te beskerm.
Noem maar op, dit sal vir die land beter wees as die hele Polisie bestuur aan ‘n ondersoek onderwerp word en dat van die swak skakels verwyder word sodat daar weer behoorlike leiding kan kom en dat ons weer ‘n gedissiplineerde Polisie diens, (nie mag nie) op die been kan kry.

Mariana ·

Dit gebeur wanneer jy vir die verkeerde mense mag gee, Cele het mos die groen lig gegee vircsy minions om te maak wat hulle wil.

Jakes ·

Kranksinnigheid het onder mense in SA versprei miskien nog erger as die virus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.