Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê beide verkragtings het glo in dieselfde kantoor by die Seshego-polisiestasie plaasgevind. Volgens Langa het die beampte glo in 2011 ʼn 19-jarige vrou verkrag terwyl sy in aanhouding by die polisiestasie was.
“Sy kollegas het glo nie verklarings van getuies afgeneem, DNS-toetse gedoen, ʼn uitkenningsparade gehou of die saak by Opod aangemeld nie. Volgens Langa het die vrou swanger geraak en later dieselfde jaar geboorte geskenk. “Die slagoffer is later in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarslosing nadat sy glo van die huis af verdwyn het aangesien sy dit glo nie kon uitstaan om vir die kind te sorg wat weens verkragting gebore is nie.”
Langa het gesê die vrou is op borgtog vrygelaat waarvoor die polisiebeampte glo betaal het en haar gevra het om nie die beweerde verkragting aan te meld nie. Hy het glo ook beloof om onderhoud te betaal. Langa het gesê Opod sal dié beweerde verkragting ondersoek en borgtog teenstaan wanneer die 51-jarige beampte op 29 September in die hof verskyn.
Genugtig. Ek wonder wat was die deal gewees? Rukkie saam met die beampte of lank in die selle?
Ai, wat kan mens se van hierdie “SAPB” (Suid Afrikaanse Polisie Bende) van ons?! Skande op skande!!!
Die voorbeeld wat Zuma uistraal, die het baie vroue met n oop tjekboek van n land, en nou dink die onderdane dat dit hul reg is om te maak net wat hulle wil, misdaad is n sport in SA, waar Mnr die polisiebeampte is jou trots en jou roeping ‘ om te beskerm en te dien ons vir jou Suid Afrika’, jy is n vark!
Waar van hulle op die jop slaap het hy nie . . .