Polisieman, makker in hof vir motorkaping

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

ʼn Polisiesersant (37) van die honde-eenheid op Lephalale en sy 34-jarige medepligtige het Maandag in die landdroshof op Phalala verskyn nadat hulle die naweek in verband met ʼn motorkaping in hegtenis geneem is.

Die beskuldigdes het Saterdag in ʼn Citi Golf op die R572 gery toe hulle drie insittendes met die sersant se aanstellingsertifikaat en ʼn vuurwapen dwing om af te trek. Nadat hulle die slagoffers uit hul voertuig laat klim het, het hulle hulle glo van selfone en kontant beroof en in albei voertuie weggery, sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo.

Die verdagtes is later in hegtenis geneem nadat hulle hulself in die Witpoort-polisiekantoor oorgegee het. Hulle het in albei gekaapte voertuie daarheen gekom.

Die polisie van Witpoort het die voertuie deursoek en afgekom op leeupote en -tande, asook banknote van Suid-Afrika en Botswana.

Sers. Phuti Masupje en Mathews Mamupu bly in aanhouding tot hulle Vrydag om borgtog aansoek sal doen.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiekommissaris van Limpopo, het inwoners en polisielede van die provinsie gewaarsku die wet sal dieselfde op almal toegepas word. “In ons benadering tot misdadigheid sal ons vasbeslote en genadeloos wees, ongeag wie betrokke is.”

Aanklagte van regsverydeling staar die twee ook in die gesig. Die polisie sê hulle vorder intussen goed met hul ondersoek na die oorsprong van die leeupote en -tande.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Neutraal ·

Hierdie strooi sal maak dat mens nie gehoor daaraan sal gee as n polisievoertuig jou sou aftrek nie.

Johan H. ·

Laat hy ook 7 range spring. Is daar plek vir nog n genl.? Sies man nou stel julle n voorbeel vir die jonges….ga.

Riaan ·

Sal interessant wees on te hoor of hierdie sersant nou oneervol ontslaan en vervolg gaan word,of staar hy bevordering in die gesig.

Dafer ·

Dit is nou al ‘n speletjie om te sien wie kan van die meeste klagtes op een slag aangekla word!

Dries du Toit ·

Hulle is nou Generaal materiaal. Dit klink verregaande maar dit is nie

Mariette ·

Leeu pote laat my wonder.. Dalk verkeerde voertuig gekaap met verkeerde goed in

KungFuFighting ·

Dalk is hulle banger vir die wraak van die eienaar van die leeupote, as vir die gereg. Leeupote op pad na China? Is die Chinese Corleones al hier?

Carel ·

Hierdie is ‘n baie bekende norm, dat polisielede korrupte misdadigers is. Solank dit nie met wortel en tak uitgewis word nie sal ons land ‘n misdadiger paradys bly.

thelsa ·

Ons raak al immuun teen sulke berige oor korrupte SAPS lede. Dit word die norm in hierdie land.

Johanna ·

Stem nie saam met: “die wet sal op almal dieselfde toegepas word”. Dit is hoog tyd dat lede van die polisie swaarder gestraf moet word. Hulle ken die wet. Moet ‘n voorbeeld stel aan die publiek . Hulle maak gebruik van polisiekentekens, sertifikate, polisievoertuie,
polisiewapens…..noem op as hulle misdaad pleeg.

christa ·

dis die sort mense wat die anc in die regering en instansies aanstel. Dan wil CR kamtig bedrog en korrupsie uitroei. voorkoming is beter as genesing

Ferdi ·

Die patetise polisie diens, ek het ander name maar mag dit ongelukkig nie uiter met woorde nie. Moes juis gister in Brits polisie stasie ‘n verklaring gaan afle, maar ek wil se dat dit die mees onbevoegste mense is waarmee ek nog in my lewe moes deel. Ek was absoluut uiters gefrustreerd oor die hele aspek en selfs om net daar te staan en wag om gehelp te word.

marous ·

Gaan die polisie in hul honderde opdaag en betoog teen borg ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.