Polisieman met panga doodgekap

Argieffoto

Argieffoto

‘n Polisiebeampte is met ‘n panga doodgekap voor sy aanvaller doodgeskiet is in Elliotdale in die Oos-Kaap.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, sê konst. Phumlani Mogoboli (29) en ‘n kollega het Woensdag reageer op ‘n klagte van huishoudelike geweld. Mills sê die man op die toneel het ‘n panga uitgeruk en Mgoboli aangeval.

Die ander polisiebeampte het sy vuurwapen uitgeruk en die man verskeie kere geskiet. “Die polisiebeampte en die verdagte is na die Zithulele-hospitaal geneem waar albei later aan hulle wonde beswyk het,” het Mills gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Wreed hoeveel van hierdie mense wat so geweldadig is word getoets vir drugs.Ek kan my nie indink dat n normale mens so wreed kan wees,waar gaan ons heen. Hoekom herroep hulle nie ook die pangas soos wat hulle met die vuurwapens gedoen het.as dit sal help.Maar o wee dan word dit ook weer verkoop so los maar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.