Polisieman-moordsaak uitgestel ná ontsnapping

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Twee mans wat beskuldig word van die moord op ʼn polisiebeampte van Noordwes, het Vrydag nie in die Brits-landdroshof verskyn nie, ná ʼn dramatiese ontsnapping deur vier verhoorafwagtendes.

Maroela Media het vroeër berig die vier verdagtes het uit ʼn polisievoertuig ontsnap terwyl hulle van Mogwase-gevangenis na die hof vervoer is. Brig. Leonard Hlathi het gesê van die agt verdagtes in die polisiewa het vier ontsnap. Chris Sithole (24), Alfonso Mpofu (25), Gibson Msimango (25), al drie van Zimbabwe, en Ontse Lebese (27) van Ga-Rankuwa het ontsnap. Sithole en Mpofu is in hegtenis geneem op aanklag van verkragting, moord en roof. Hulle word as “gevaarlik” beskryf.

Die staatsaanklaer in die polisiebeampte se moordsaak het aan die hof gesê die verdagtes, Samuel Marothodi Maphanga en Luca Ndoda Mathibefazi, het gevolglik nie Vrydag in die hof verskyn nie, weens die ontsnapping.

Maphanga en Mathibefazi was glo deel van ʼn groep van drie mans wat ao Sipho Sithole in November in Brits, Noordwes, geskiet het. Sithole was in sy motor toe drie mans hom genader het. Hulle het hom in die bors geskiet en in sy motor gevlug. Hy is na ʼn hospitaal gehaas waar hy aan sy beserings beswyk het. Sy motor is later in Soshanguve, noord van Pretoria, gevind.

Die saak is tot 19 Februarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bruno Stef ·

Hollywood se storieskrywers moet kom kers opsteek in SA IVM ontsnappings in aanhouding dit kan defnitief n hele reeksprogram regverdig met die nodige dramatisering natuurlik ingeslote.

DPJ ·

Hoe ontsnap aangehoudenis uit ‘n polisie voertuig op pad hof toe. Het hulle hulp van buite gekry?

Michael ·

Swak opleiding,geen dissipline, nie bang vir die nagevolge van hulle gedrag maar die norm in hulle piesang republiek.

Winston ·

Stem saam Michael. Nie op standaard nie en te veel regte en te min dissipline. Swak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.