Polisieman, nog 2 vas na huisbraak

Die drie verdagtes nadat hulle in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Die drie verdagtes nadat hulle in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

ʼn Wes-Kaapse polisiekonstabel, wat by die Kaapstad Internasionale Lughawe gestasioneer is en nog twee verdagtes, is vir die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die 28-jarige konstabel is Dinsdag omstreeks 11:30 by ʼn huis in Wellington in hegtenis geneem.

“ʼn Vrou van Parkstraat in Wellington het ʼn klag by die polisie ingedien nadat sy vasgestel het van haar persoonlike besittings, kontant en selfone is uit haar huis gesteel terwyl sy geslaap het. ʼn Voorlopige ondersoek het die polisie na ʼn huis in Mettlerstraat gelei,” het Rwexana gesê.

Daar het hulle die drie verdagtes gevind met die gesteelde goedere in hul besit. Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal Donderdag in die Wellington-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sumari ·

Hoe de dinges moet ‘n mens die polisie vertrou? Ek sal my kind leer om nooit in haar lewe ‘n polisie persoon te vertrou nie. Hulle doen presies dieselfde as die ander kriminele en niks word aan hulle gedoen, want hulle is mos in die polisie.

Woedend ·

@Sumari. Mens kan hulle nie meer vertrou nie!!! DIS Ń SKANDE!!! En hulle maak dat die handjie vol goeies sleg lyk!! Wat my baie pla is hoe moet mens weet watter is die goeies??? Maar ek vertrou hulle lank al nie meer nie!!

@Tamboti, ek stem absoluut saam met jou, hulle moet 5 keer harder gestraf word, maar dit sal nie gebeur nie!!!

tamboti ·

‘n Polisie man wat steel (enige misdaad) moet 5 x harde gestraf word.

Theresa ·

Dis reg. Enige persoon wat ‘n geregsdienaar is moet ‘n langer/duurder straf kry vir kriminele optrede. Is daar dan nie meer ‘n streng keuring op inname van mense wat vir dié plekke werk nie?? Indien daar is, sal dit interessant wees om dit gepubliseer te sien. EN wanneer so ‘n geregsdienaar skuldig bewys word, moet sy/haar gesigsfoto (in kleur) lewensgroot op elke straathoek gesit word sodat die publiek dit kan sien.

Asjas ·

Ja, hulle is uiters streng tydens keuring.
Reel vir keuring is as volg:-
1. Onder geen omstandighede mag jy WIT wees nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.