Polisieman, nog 7 vas ná ‘sluipmoord’ op nasionale pad

Paramedici verwyder die 28-jarige slagoffer se lyk van die toneel langs die Plattekloof-afrit. Foto: ANA

Kaapstad se teenbende-eenheid het deurnag gewerk ná die beweerde bendeskietery op die N1 en agt verdagtes, onder wie ʼn polisiebeampte, in hegtenis geneem.

Brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die polisie het op inligting gereageer en Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn informele nedersetting in Philippi naby die Kaapstadse Internasionale Lughawe toegeslaan, waar hulle sewe burgerlikes en een polisiebeampte aangekeer het.

Die beamptes het beslag gelê op ʼn voertuig met koeëldoppies daarin wat met die skietery verbind kan word.

Die verdagtes (tussen 18 en 48 jaar oud) word ook vir ander ernstige misdade gesoek. Hulle kom binnekort voor.

Maroela Media het Donderdagoggend berig motoriste op die N1-snelweg in Kaapstad se noordelike stadsgebiede moes Woensdagmiddag vreesbevange toekyk hoe een persoon helder oordag in ʼn skietery in die verbyry doodgeskiet en nog twee gewond is.

Volgens die webwerf Western Cape Gang Watch het die slagoffer se voertuig, ʼn wit Volkswagen Golf met ʼn Kaapse registrasienommer, sonder petrol op die afrit gaan staan. Daar was glo vier mense in die Golf.

Die bestuurder van ʼn Nissan Sentra met ʼn Bellville-registrasienommer het stilgehou om die Golf-bestuurder te help. Hy het twee mense by hom gehad.

“Terwyl hulle die Golf met ʼn sleeptou aan die Sentra vasgemaak het,” berig die webwerf, “het mense in ʼn silwer of grys Audi verbygery en op die mense geskiet. Ooggetuies beweer die Audi behoort aan ‘Donkie’ Jerome Booysen, vermeende leier van die Sexy Boys-bende.”

Die oorledene was Anthony (Lippe) Saaiman, ʼn vermeende lid van die Americans-bende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Weereens ‘n polisie man betrokke. Waar gaan ons heen in ons dierbare land. Mense wat vir onderstel om jou te beskerm. Hoe vertrou jy sulke mense.

Johanna Botha ·

Goedso nou hoop mens net hulle ontsnap nie uit aanhouding nie ?????

Dafer ·

Moenie worry nie Johanna Botha, hulle gaan sommer net vrygelaat word!

marous ·

Is daar enige misdade waar daar nie polisie betrokke is nie ?

Max ·

Ongelukkig is n ketting net so sterk soos die swakste skakel.

VanAfrika ·

Kol.Pete, ons veralgemeen nie, dit gebeur selfs met ons op straat in blokkades. Nou die dag wil n beampte R1000 by my hê omdat my kar se lisensie skyfie nog nie op die ruit was nie, het dit pas gekoop. Ek se skryf dan die boete dan sal ek dit gaan betaal, toe hy sien ek haal nie geld uit nie toe vra hy vir n koeldrank, ek se vir hom moet ek dan garage toe ry om dit te gaan koop. Hy se toe vinnig “go go go” En dis nie die eerste keer dat n beampte my probeer bribe nie. Het eendag my lisensie in my beursie by die kantoor vergeet, toe wil die ook n koeldrank he. Lyk my as jy nie geld wil gee nie dan soek hulle koeldrank. Ek dink dis taktiek om te sien of jy wel saam gaan speel met die bribe ding.

Paul ·

Ek wonder of die sogenaamde bende-eenheid nie ook die plaasmoorde en aanvalle moet ondersoek nie. Dit lyk of hulle beter resultate lewer as die wat Plaasaanvalle moet ondersoek.

Dafer ·

Jy is reg Paul, hulle behoort die plaas aanvalle te ondersoek. Maar hulle sal nie toegelaat word nie. Netnou vlek hulle die georganiseerde misdade oop en vang hulle! Dit sal nie toegelaat word nie!

Jr ·

Moenie bekommer oor ” Survivor ” op TV. Survive net vyf dae in SA. Dis nou n moelike kompetisie..

Skandelik ·

Jaaaaaaaaaa en dan moet ons glo daar is net ‘n paar vrot appels in die polisie se mandjie die ander is wonderlik? Elke liewe week is daar nou ‘n berig van ‘n polisieman wat by een of ander kriminele bedrywigheid betrokke is .. wanneer keur julle hierdie mense beter? Hoekom lyk die polisiemag deesdae so?

Anel ·

Dis deesdae makliker om ‘n dokter te word as ‘n polisieman. Ons seun sukkel al 9 jaar want dit is vir hom ‘n passie maar sonder sukses.

Geregtigheid ·

Hoekom maak die Polisie nie n einde aan die bendes nie. Dis lankal nie meer n speletjie nie. Mense gaan dood en die bendes gaan aan. Is die SAPD so swak en magteloos om dit nie stop te sit nie? Doodstraf moet terug kom. Hierdie bendes ken net een taal: GEWELD.

Colleen ·

Hulle gaan seker ALMAL borgtog kry en vlug of hul wandade voortsit. Leke SAP!!!

Phukit ·

Julle veralgemeen hopeloos te veel, net soos die BLF blankes veralgemeen, doen jul nou dieselfde!

Paul ·

Phukit. Jy leef in ‘n droomwêreld. Lees net daagliks die koerante en jy sal ook op datum wees. Jammer vir jou.

Mariana ·

Wat my bekommer is DAT by hierdie voorvalle omtrent elke keer die name van die twee berugte Booysen-broers voorkom. Wanneer gaan die 2 permanent verwyder word? Hulle 2 het elkeen sy EIE BENDE-GROEP

Sarel ·

Ek het al meermaal genoem. Die regering kan nie bekostig om misdaad stop te sit nie. Maak net n som wat hulle in met BTW , blastings op versekering en hoeveel werk word geskep , dan sluit ek nou die misdadigers uit. Alles moet vervang word, begrafnisse en medies bring geld in en so kan ek aangaan . Met die sokker in 2010 het die regering gevra dat misdaad nie gepleeg moet word nie en gedurende genoemde tyd was daar bittermin misdaad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.