Polisieman, nog drie vas vir veediefstal

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte en drie ander mans is in hegtenis geneem vir veediefstal, het die polisie in die Noord-Kaap gesê.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die konstabel en drie ander verdagtes het Vrydag in die Kenhardt-landdroshof verskyn. Die saak is tot 25 Februarie uitgestel wanneer die verdagtes om borg sal aansoek doen.

Die polisie het verlede week ʼn wenk ontvang oor moontlike veediefstal in die Kenhardt- en Keimoes-areas. Twee verdagtes, insluitend die polisiebeampte, is in hegtenis geneem nadat ʼn bakkie met ses skape agterop deur die polisie van die pad af getrek is.

Volgens Naidu het die twee ander verdagtes in ʼn VW Polo gery en van die toneel gevlug toe hulle die polisie gesien het. Hulle is in Kakamas voorgekeer en in hegtenis geneem. “Hulle het glo die twee skape wat in die VW Polo was langs die pad afgelaai.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Ek was honger,goeie advertensie vir die wetstoepassers, sluit toe.

Jenny Kilian ·

Hoop hulle kry ook 80 jaar tronkstraf. (wat belaglik is in vergelyking met 10 of 20 jaar wat ‘n verkragter kry en om nie eers te praat van moordenaars nie

Dubbele standaarde ·

So wat sou die kanse wees dat hulle ook 80 jaar gaan kry (indien hulle nie per ongeluk loskom weens uitstekende toesmeerwerk deur hulle kollegas nie)…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.