Polisieman, nog ʼn verdagte vas vir renosterstropery

Argieffoto: viechfisch, Pixabay

Twee mans, een van hulle ʼn 22-jarige polisiekonstabel, is Dinsdag in die vroeë oggendure naby Pongola in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem vir beweerde betrokkenheid by renosterstropery.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die SAPD se renosterstropery-taakspan en die owerhede by die Krugerwildtuin en Ezemvelo Wildlife het inligting ontvang dat renosterstropers vermoedelik na een van die nasionale parke op pad is. ʼn Motor met twee insittendes is op die N2 naby Pongola voorgekeer.

“ʼn R1-geweer, ʼn knaldemper, koeëls, byle en messe is in die motor gevind,” het Naidoo gesê. “Die motor behoort aan die polisiekonstabel. Die R1-geweer is in November 1996 in Pretoria-Wes as gesteel aangemeld.” Naidoo het gesê daar is op die motor, vuurwapen en ander toerusting beslag gelê.

Albei verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Pongola-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jakes Jacobs ·

Mooi so, dit wil blyk asof daar toenemende betrokkenheid van die breë publiek by hierdie teër saak is. Welgedaan ook aan die spesiale eenheid.

Wouter ·

Die konstabel was maar 1 jaar oud toe die R1 gesteel is? Ondersoek sy pa of polisieman na aan hom ook. En ook die ou wat die knaldemper gemaak het.

HB ·

Moenie vrae vra en geld op ‘n hofsaak mors nie, sluit hulle net toe, die bewyse is mos voor die hand liggend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.