Polisieman, nog twee vas oor renosterhorings

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte verbonde aan die Wes-Randse misdaadintelligensie-eenheid en twee medepligtiges is in hegtenis geneem nadat daar renosterhorings in hul besit gevind is.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, het gesê kapt. Mandla Khomalo (42) was aan diens ten tye van sy inhegtenisname. Khomalo, Ntsikagomzi Saliwa (30) en Ethelbert Radebe (42) is by ʼn winkelsentrum in Irene in hegtenis geneem nadat drie renosterhorings in hul besit gevind is.

Lede van die misdaadintelligensie-eenheid, Valke en honde-eenheid was by die inhegtenisnemings betrokke. Die verdagtes het Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn en is op borgtog van R15 000 elk vrygelaat.

Die saak is tot 23 April uitgestel. Die verdagtes word aangekla van die onwettige besit van renosterhorings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet Pompies ·

Kapt. Mandla Khomalo (42) was aan diens ten tye van sy inhegtenisname….by ʼn winkelsentrum in Irene. Die man was aan diens, sy werk area is Wes Rand, Irene is in Midrand, lekker met ons belasting geld misdaad gepleeg……

CHRISTA ·

Dit is weer eens ‘n bewys waarom wet en orde nie meer in ons land gehandhaaf word nie – die mense wat wet en orde moet handhaaf blyk, naas ons regering, die grootste kriminele te wees. Waar gaan dit eindig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.